Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Seun (8) geopereer ná aanval op hoewe
Marlu Coetzee (8) wat Donderdagoggend vroeg deur rowers op ’n hoewe in Potchefstroom aangeval is.Foto: Verskaf

Die agtjarige Marlu Coetzee sal na verwagting Vrydag in die Netcare Garden City-hospitaal in Johannesburg geopereer word nadat hy Donderdagoggend in ’n aanval op sy pa se hoewe in die Vyfhoek-omgewing in Potchefstroom beseer is.

Sy pa, Mario, wat van sy ma, Dehlia, geskei is, is bewusteloos weens ernstige kopbeserings wat die rowers hom toegedien het.

’n Steeds geskokte Dehlia het Donderdag aan Netwerk24 gesê haar seun is onder verdowing en gaan Vrydag geopereer word om sy gebreekte neusbeen te herstel.

“Hy is rustig en kalm, en het selfs vroeër vir die verpleegster gesê hy word op 28 April nege jaar oud.”

Marlu se linkeroog is ook in die aanval beskadig.

“Die swelling moet eers sak voordat die dokters kan kyk hoeveel skade aangerig is.”

Marlu en sy jongste suster Marizé (7), was op die kleinhoewe ten tyde van die aanval.

Dehlia Coetzee saam met Marlu, Marizé en ousus Zeané.Foto: Verskaf

Hul ma het onlangs ’n rugoperasie ondergaan en hulle bly in die week by hul pa sodat hy hulle skool toe kan neem. Die ouer dogter, Zeané, bly by haar ma.

Dehlia sê Mario het bloeding op die brein. “Hy is in die Potchefstroomse provinsiale hospitaal, maar sal na Klerksdorp oorgeplaas word as sy toestand versleg.”

Mario se ma, Nellie Coetzee, is ook in die aanval beseer. Sy moes agt steke kry nadat een van die rowers haar oor die kop geslaan het. Sy en haar man, Paul, woon ook op die hoewe.

Marizé en haar oupa is nie in die aanval beseer nie.

Die polisie in Noordwes soek twee verdagtes.

“Tot dusver lyk dit of die rowers net met ’n bos sleutels daar weg is,” het kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, vroeër aan Netwerk24 gesê.

Meer oor:  Aanval  |  Potchefstroom  |  Marlu Coetzee
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.