Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Seun (8) kritiek ná kopskoot

’n Agtjarige seun is in ’n kritieke toestand nadat hy hom in KwaDukuza (Stanger), noord van Durban, in vermoedelik ’n fratsongeluk met ’n 9 mm-pistool in die kop geskiet het.

Kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder in KwaZulu-Natal, het Vrydag gesê dat die seun nog leef nadat daar aanvanklik berig is dat hy dood is.

Paramedici neem die gewonde seun na ’n lugambulans. Foto: IPSS Medical Rescue

“Die polisie het die verkeerde inligting bekend gemaak. Die seun leef, maar hy is in ’n kritieke toestand,” sê Mbele.

Paramedici by die seun wat homself Donderdagmiddag in KwaDukuza vermoedelik in ’n fratsongeluk in die kop geskiet het. Foto: IPSS Medical Rescue

Volgens Mbele het die voorval Donderdagmiddag gebeur toe die seun na bewering met ’n pistool gespeel het wat aan ’n familielid behoort.

“ ’n Saak van dwarsboming van die gereg word ondersoek omdat die vuurwapen deur iemand van die toneel verwyder is, maar later aan die polisie oorhandig is,” sê Mbele.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Volgens Paul Herbst, woordvoerder van IPSS Medical Rescue, is die seun deur paramedici op die toneel behandel waarna hy met ’n lugambulans na ’n hospitaal geneem is.

“Die 9 mm-pistool behoort glo aan ’n familielid. Dit is onseker hoe die seun dit in die hande gekry het,” sê Herbst.

“Hy het ’n vyf uur lange noodoperasie ondergaan en sy toestand is kritiek maar stabiel.”

Die seun is eers gestabiliseer voordat hy per lugambulans na ’n plaaslike hospitaal geneem is. Foto: IPSS Medical Rescue
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.