Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Seun (9) het ‘onmeetbare lus vir lewe gehad’

Alison Muller, ma van negejarige Nicholas Muller wat Woensdagaand skielik dood is, het op Facebook geskryf dat hul gesin se harte gebroke is ná hul oudste seun dood.

“Ons is platgeslaan dat ons Nicholas verloor het. Hy het ’n onmeetbare lus vir die lewe gehad,” sê sy.

Die boodskap wat Curro Durbanville vir Nicholas Muller op Facebook geplaas het. Foto: Facebook/Curro Durbanville

Muller het ook mense bedank vir hul boodskappe van vertroosting.

Dit oorsaak van Nicholas se dood is steeds onbekend aan Netwerk24.

Te midde van gerugte dat Nicholas op iets gespeel het en seergekry het, het Curro Durbanville, waar hy ’n gr. 3-leerling was, gesê: “Nicholas was tuis by die gesin se huis naby Malmesbury en is na die Mediclinic Cape Gate vir behandeling geneem.”

Muller het Vrydag nie op oproepe en teksboodskappe gereageer nie en die skool hou daarby dat hy “nie wil spekuleer oor die oorsaak van sy dood nie”.

Nicholas was ’n sokkerspeler by die Durbanville-voetbalklub, waar Fergil Hannie hom in die o.9-D-span afgerig het. Hannie sê Nicholas was onder meer die doelwagter in die span. Hy het vrae oor die omstandighede van Nicholas se dood na sy ouers verwys.

Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, sê die polisie het geen rekord van ’n saak rakende sy dood nie.

Boodskappe van medelye het intussen nog aanhoudend op Facebook ingestroom vir Nicholas, met baie wat sê dit is tragies dat sy jong lewe kortgeknip is. Nicholas het ’n jonger boetie, Matthew, in gr. 2 by dieselfde skool.

“Ek bid dat jul gesin vertroosting sal vind in dié moeilike tyd. Die Curro-gesin bid vir al sy vriende, onderwysers en veral sy broer,” skryf iemand op Facebook.

“Ek sal nooit sy mooi gesig en glimlag vergeet nie. My hart breek vir julle,” skryf iemand anders.

Hanlie Meyer het ook op Facebook medelye uitgespreek namens die Curro Durbanville-nasorgpersoneel.

Olivia van Heerden, skoolhoof, het in ’n brief aan ouers gesê die skool doen alles in sy vermoë om die kinders in ander grade te ondersteun.

Meer oor:  Sterfgeval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.