Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Seun (9) kilometers agter bakkie gesleep

’n Negejarige seun het ernstige beserings aan sy boude en rug opgedoen toe hy Donderdagaand byna 2,5 km ver agter ’n bakkie deur die strate van Roodepoort gesleep is.

Die bestuurder het glo eers bewus geraak daarvan toe ’n ander motoris hom daarop gewys het.

Die bestuurder het by ’n vulstasie stilgehou en die nooddienste is ontbied.

Nooddiensvoertuie van ER24. Foto ter illustrasie.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê hulle het die kind om 19:20 by die vulstasie op die hoek van Main Reef- en Roodeweg in ’n ernstige toestand gevind.

Hy het geen kopbeserings gehad nie en het gesê dat hy en vriende by ’n kruising agterop die bakkie gespring het.

Die voertuig het ’n kappie opgehad en dit is onbekend of die kinders ingeklim het of buite aan die agterkant van die bakkie gehang het.

Die bestuurder was glo die heeltyd onbewus van hulle.

Dit lyk asof die seun ná ’n ruk van die bewegende voertuig wou afspring, maar sy voet het vasgehaak aan ’n vragnet wat in die bak was.

“Die bestuurder van die bakkie was onbewus van die kind wat agter die voertuig aan gesleep word tot ’n ander motoris hom daarop gewys het,” sê Meiring.

Daar was geen teken van die seun se vriende toe die nooddienste opgedaag het nie.

Die seun is na ’n hospitaal gebring en die polisie ondersoek die voorval.

Meer oor:  Er24  |  Bakkie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.