Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Seun bestendig ná hy raakgery is
Die paramedici maak gereed om die 10-jarige seun per helikopterambulans hospitaal toe te bring. Foto: ER24

’n Tienjarige seun wat ernstig beseer is toe hy in Newlands, Johannesburg, raakgery is, was teen Dinsdagaand in ’n bestendige toestand in die hospitaal.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder vir ER24, het die seun in die middel van die pad op die hoek van Italian- en Ackermanweg gelê toe paramedici omstreeks 07:30 daar aangekom het.

Die motor wat die seun getref het, het ’n ent verder gestaan. Die bestuurder is nie beseer nie, maar was volgens Meiring “duidelik geskok”.

Die seun het ernstige beserings aan sy kop en been opgedoen en is in ’n kritieke toestand per helikopter na ’n nabygeleë private hospitaal gebring.

Sy toestand was volgens Meiring se inligting teen Dinsdagaand bestendig en hy het goed in die hospitaal aangesterk.

Meer oor:  Er24  |  Newlands  |  Johannesburg  |  Seun  |  Raakgery  |  Helikopter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.