Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Seun geskok, min hulp van munisipaliteit

Die Nala-munisipaliteit in die Vrystaat kom glo nie sy belofte na om ’n 14-jarige seun van Bothaville, wat ernstige brandwonde opgedoen het toe ’n oop elektriese kabel van die munisipaliteit hom geskok het, na die Mediclinic in Welkom te laat oorplaas nie.

David Dikoko het ernstige brandwonde opgedoen toe hy deur ’n oop elektriese kabel van die Nala-munisipaliteit geskok is.Foto: verskaf

David Dikoko (14), wat op Saterdag 25 Mei op ’n oop erf gespeel het waar die kabel hom geskok het, is so ernstig beseer dat hy in tans in die Bongani-hospitaal in Welkom behandel word.

Sy ma, Elisa Dikoko, is ’n werknemer van Vrystaat Versorging in Aksie.

Audrey Kruger, Dikoko se hoof, sê die Dikoko-gesin sukkel nou al ’n week lank dat die Nala-munisipaliteit sy beloftes nakom om David na die Mediclinic in Welkom te laat oorplaas.

Kruger sê daar is kommer oor David se toestand omdat sy infeksietelling gestyg het.

Kruger sê die gesin het ná die ongeluk ure lank vir ’n ambulans gewag om hom na die plaaslike hospitaal te neem. Uiteindelik het die polisie ingegryp en hom na die hospitaal vervoer.

Hy is van daar weens die erns van sy brandwonde per ambulans na die Bongani-hospitaal geneem.

Kruger sê die munisipaliteit help wel dat Dikoko se ouers hom kan besoek, maar beloftes dat hy beter mediese sorg gaan kry, word nie nagekom nie.

Chris Mokomela, munisipale bestuurder van die Nala-munisipaliteit, sê hy kan nie nou reageer op navrae nie en sal later sê of daar hulp vir die gesin is.

Meer oor:  Bothaville  |  Brandwonde  |  Geskok
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.