Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Seun in pajamas by skool ná hy nag uit sy bed verdwyn

’n Elfjarige seun van Bishop Lavis op die Kaapse Vlakte is Donderdagoggend veilig in sy pajamas by sy skool aangetref nadat hy in die nagtelike ure spoorloos uit sy bed verdwyn het.

Sy ouers het hom Woensdagaand laas gesien toe hy in sy bed gaan klim het, en vroeg Donderdagoggend agtergekom dat hy weg is. Hulle het sy verdwyning by die polisie gaan aanmeld en gevra dat mense uitkyk vir die seun wat in sy blou pajamas en swart sokkies geklee is.

Hy is egter later die oggend ongedeerd in sy pajamas by sy skool in Parow-Oos gevind.

“Daar was glo (die vorige dag) ’n onderonsie by die skool en hy was bang dat ons daarvan te hore sou kom. Hy het net begin loop. Met die genade van die Almagtige het hy by sy skool beland.

“Hy het baie ver geloop, en dit in sy pajamas. Dis net ’n wonderwerk dat hy niks oorgekom het nie,” sê sy pa.

Hy sê die familie is verlig dat hy nie ’n misdaadslagoffer was nie.

“Ons seun is veilig terug by ons, en daarvoor is ons dankbaar.”

Meer oor:  Bishop Lavis  |  Kaapstad  |  Gevind  |  Vermis  |  Seun
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.