Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Seun kry gou nuwe gesig nadat hiëna hom aanval

’n Negejarige seun wie se gesig deur ’n hiëna verskeur is, het aangekom in Suid-Afrika, waar dokters sy gesig gaan herbou.

Rodwell Nkomazana en sy ma het die naweek in Suid-Afrika geland en Maandagoggend het dokters van die Mediclinic in Sandton hom ondersoek.

Rodwell Nkomazana (9) het Saterdag by die Mediclinic in Sandton aangekom. Foto: Deon Raath

News24 berig Rodwell is op 7 Mei tydens ’n deurnag-kerkbyeenkoms buite Harare, Zimbabwe, in sy slaap deur die hiëna aangeval.

Dr. Ridwan Mia sal die span lei wat die rekonstruksie van Rodwell se gesig sal doen.

Mia is die plastiese chirurg wat verskeie operasies uitgevoer het op Pippie Kruger nadat sy in 2011 brandwonde oor sowat 90% van haar lyf opgedoen het.

Hy het Rodwell se beserings Maandag op ’n aanlyn inligtingsessie vir die media beskryf.

“Dis nogal ’n verskriklike besering. Dit was ’n groot trauma. ’n Chirurg in Zimbabwe het die seun se een oogbal verwyder omdat dit so erg beskadig was. En die hele neus is eintlik weg. Die ander besering is natuurlik die bolip. As jy na die kind kyk, is die tandvleis en die tande van die boonste kakebeen ten volle blootgestel.”

Mia sê rekonstruksie sal teen die naweek begin. Plate sal in sy linkerwang geplaas word, asook ’n prostese-instrument wat sal lyk soos ’n oog, om die regterkantse oog na te boots sodat die twee oë steeds dieselfde lyk.

“En dan sal die groot rekonstruksie waarskynlik volgende week plaasvind. Ons sal die dae nog moet finaliseer. Ons gaan weefsel van sy bobeen gebruik om die boonste deel van die neus te herbou, en ons sal ook die oorblywende deel van sy voorkop gebruik om die neus te bedek en kraakbeen uit sy bors gebruik,” sê Mia.

Mia sê Rodwell is opgewek. Hy lag vir grappies en hy is vriendelik. Sy ma is dankbaar vir die geleentheid.

Rapport het berig die spesialiste sal pro bono werk, maar te danke aan die traumasuster Maqshuda Kajee, dr. Sayuren Moonsamy, MealSA en The Dandelion Philosophy is ’n bewusmakingsveldtog en geldinsameling begin om die ander onkoste te help betaal.


Meer oor:  Seun  |  Zimbabwe  |  Harare  |  Plastiese Chirurgie  |  Hiëna
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.