Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Seun red paramedikus se lewe twee keer
Philani Shamase, ’n paramedikus van Mounties, is onlangs twee keer deur Korné Kruger gered nadat hy aan die pitte van lietsjies verstik het.

’n Jong held van KwaZulu-Natal het onlangs twee keer in een dag die lewe van ’n paramedikus gered.

Korné Kruger (9) van Empangeni sê hy het sy lietsjies wat hy by sy oupa gekry het, met sy “maatjie”, Philani Shamase, ’n werknemer van die Mounties-ambulansdienste, gedeel toe Philani skielik daaraan verstik.

Hy gaan gereeld met sy pa, Joe, ’n paramedikus, na tonele en sê hy weet al goed wat om te doen wanneer iemand in die moeilikheid is.

“Hy het skielik aan sy keel begin gryp. Ek het geweet hy kon nie asemhaal nie, want hy het rooi in die gesig begin word,” vertel hy.

“Ek het hom dadelik met my elmboog een harde hou op die rug gegee, toe kom die pit uit. Ek het hom nog twee lietsjies gegee, en toe hy die derde een eet, gebeur dit weer. Die keer toe slaan ek hom met my vuis op die rug.”

“Ek het hom dadelik met my elmboog een harde hou op die rug gegee, toe kom die pit uit.
Korné Kruger

Sy ouers, Joe (38) en Corli Kruger (33), sê hulle is geweldig trots op Korné se heldedaad.

“Toe hy ons later die dag kom vertel, toe sê ek net: ‘Oukei, dis cool.’ Ek het gedink hy speel, soos seuns mos maar is. Dit is egter toe Philani met rooi oë kom vertel hoe hy amper dood was toe hy verstik het en dat Korné sy lewe gered het.”

Joe is die eienaar van Mounties-ambulansdienste en sê Korné weet hoe om basiese noodhulp toe te pas, want hy gaan gereeld saam met hom na tonele.

“Ek wil ook soos hy eendag lewens red. Ek is nie seker of dit is wat ek wil word nie, ek moet nog dink daaroor,” sê Korné.

Meer oor:  Kwazulu-Natal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.