Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Seun se dood, 2 brande ondersoek

’n Volledige ondersoek sal van stapel gestuur word rondom die omstandighede wat gelei het tot die verdrinking van ’n minderjarige seun by ’n ongebruikte swembad by die Tygerberg-hospitaal in Kaapstad.

“Dit was ’n nagmerrie van ’n dag,” het Mark van der Heever, woordvoerder van die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement, Saterdag aan Netwerk24 gesê.

“Nie net het daar brande by twee verskillende hospitale, die Mitchells Plain-daghospitaal en die Tygerberg-hospitaal, uitgebreek nie, maar tussen al die chaos deur moes ons ook hoor dat ’n seun verdrink het.”

’n Brand het ’n deel van die teaterafdeling van die Mitchells Plain-daghospitaal Vrydag in puin gelê.

Volgens Van der Heever het die sewejarige seun Vrydagmiddag met twee van sy maats in die ongebruikte swembad by die Tygerberg-hospitaal gaan swem toe hy verdrink het.

“Toegang tot dié swembad is streng verbode en die hek was deurentyd gesluit. Die wyse waarop die kinders toegang tot die swembad verkry het, sal deur die polisie ondersoek word. Beraders is intussen vir bystand na die ouers van die seun gestuur. Ons opregte medelye gaan uit aan sy gesin, maats en familie,” het Van der Heever gesê.

“Die omvang van die skade wat die brande by die twee hospitale veroorsaak het, sal eers aanstaande week bekend wees. ’n Tegniese verslag moet saamgestel word. Niemand is in die brande beseer nie,” het Van der Heever gesê.

’n Kortsluiting het Vrydag tot die brand in die Tygerberg-hospitaal gelei slegs ure nadat ’n brand ’n deel van die teaterafdeling van die Mitchells Plain-daghospitaal in puin gelê en groot ontwrigting veroorsaak het.

Meer oor:  Tygerberg-Hospitaal  |  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.