Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Seun nog kritiek ná ongeluk met motorfiets

Antonio Hechter (18) van die Hoërskool Zwartkop in Centurion, wat Vrydag ernstig in ’n motorfietsongeluk beseer is, se toestand is steeds kritiek.

Hechter was Vrydag om 22:00 saam met sy vriendin Kylan Kunzmann (16) op sy motorfiets op pad terug huis toe ná ’n geselligheid toe ’n voertuig voor hom glo ’n U-draai gemaak het en Hechter nie betyds kon uitswaai nie.

Antonio Hechter (18), van die Hoërskool Zwartkop in Centurion, kan nog nie geopereer word nie omdat sy toestand nog kritiek is.

Die ongeluk het op Ou Johannesburgweg naby die Nellmapius-afrit in Rooihuiskraal gebeur.

Volgens Berna Seddon, wat as woordvoerder vir die Hechter- en Kunzmann-families optree, is Hechter in die Kalafong-hospitaal in Atteridgeville opgeneem. Hy het nie ’n mediese fonds nie en Seddon probeer al sedert die ongeluk om geld in te samel sodat hy na ’n privaat hospitaal oorgeplaas kan word.

Albei Hechter se arms, sowel as sy regterbeen is gebreek. Hy het ook heelparty ernstige rib- en rugwerwelbreuke.

Volgens Seddon is Hechter se dokters nie tevrede met die toestand van sy longe nie.

“Hy het nog ’n suurstofmasker op, want sonder die masker val sy bloeddruk,” sê Seddon.

Hechter was Maandag baie moeg en het min gepraat. Hy verkeer ook in erge pyn.

Kunzmann is Sondag van die hoësorgeenheid na ’n gewone saal oorgeplaas. Sy is Maandag ontslaan en sterk tans goed tuis aan.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.