Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Seun sterf in fratsongeluk toe remdrom glo sy kop tref
Die bedekte lyk van ’n leerling van Calculus College in Bloemfontein. Nie ver van sy lyk nie, lê die remdrom wat hom vermoedelik teen die kop getref het. Foto: Mlungisi Louw

’n Leerling van die Calculus College in Bloemfontein het Dinsdagmiddag ná skool in ’n fratsongeluk in ’n duikweg gesterf toe die remdrom van ’n Toyota-bakkie afgeskiet en hom vermoedelik teen die kop getref het.

Die seun is op die toneel dood, en die remdrom het enkele meter van sy lyk gelê. Verskeie leerlinge van die skool, wat sowat 500 m van die toneel geleë is, het onwetend ná skool verby hul skoolmaat se lyk geloop.

Die bestuurder van die wit Toyota-enkelkajuitbakkie het verward met sy hande om sy kop en met rooi gehuilde oë op die toneel rondgedwaal.

Die toneel waar die leerling van Calculus College in Bloemfontein dood is nadat hy vermoedelik deur ’n remdrom teen die kop getref is. Foto: Mlungisi Louw

Hy het verduidelik dat die buiteband met die velling losgeraak het terwyl hy met sy bakkie op die N8-hoofweg gery het. Die remdrom het ook losgeskiet en die seun vermoedelik teen die kop getref.

’n Sakeman wat daagliks met buitebande werk, het op die toneel gesê nadat die velling losgeraak het, het die bout van die remdrom moontlik ook afgebreek.

Die bakkie waarvan die buiteband met die wielvelling en al losgeraak het. Foto: Mlungisi Louw

Hy beweer die ongeluk kon voorkom gewees het as die bakkie padwaardig was.

Minstens drie ander voertuie het ook in dié tyd op die hoofweg onklaar geraak.

’n Onderwyser van Calculus College wat op die toneel was, wou geen inligting oor die leerling bekend maak nie.

Navrae is aan die polisie gerig, maar geen reaksie is nog ontvang nie.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Fratsongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.