Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Seun verdrink in watergat in Welkom

’n Tienjarige seun het Sondagmiddag in ’n watergat in Welkom verdrink.

Die watergat waarin ’n tienjarige seun verdrink het. Foto:

Ross Cambell, woordvoerder van ER24, sê die seun en drie van sy maats het blykbaar in ’n groot gat, wat uitgegrawe is, gespeel toe die ongeluk gebeur het.

Die gat is naby Powerweg in die stad se nywerheidsgebied.

Die gat was weens die goeie reënval in die gebied vol water en die kinders het hulle moontlik misreken met die diepte van die gat.

Die seun wat verdrink het, se een maat het gesien sy vriend is in die moeilikheid en het gehardloop om hulp te ontbied.

ER24 was omstreeks 12:51 op die toneel.

Cambell sê teen die tyd wat die nooddienste opgedaag het, was die seun ongelukkig te lank onder die water en polisieduikers het die seun onder die water uitgehaal.

Hy is op die toneel dood verklaar.

Meer oor:  Welkom  |  Seun  |  Verdrink. 10 Jarige Seun  |  Watergat
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.