Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Seuntjie (3) in huis in Jhb dood gevind

’n Driejarige seuntjie is Woensdagmiddag dood in ’n huis in Newclare, Randburg, aangetref.

“Die seuntjie se lyk is in ’n emmer onder ’n bed in ’n kamer in die huis gevind,” het Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, Donderdag aan Netwerk24 gesê.

Volgens haar is paramedici omstreeks 13:00 na die toneel ontbied.

“Dit wil voorkom asof die polisie toe reeds op die toneel was. Dit is nog nie bekend of daar water in die emmer was. Die seuntjie is op die toneel dood verklaar. Die omstandighede van die voorval word ondersoek.”

Meer oor:  Randburg  |  Moord-Ondersoek  |  Moord  |  Seuntjie  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.