Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Seuntjie (6) sterk aan nadat hy raakgery is

Die sesjarige Paballo Mofokeng, ’n leerling aan die Selborne Primary School in Vereeniging, sterk tans in die Mediclinic in Vereeniging aan nadat hy Dinsdagmiddag ná skool onder ’n motor beland het.

Kapt. Fikile Funda, woordvoerder van die polisie in Sedibeng, sê die polisie ondersoek ’n saak van roekelose en nalatige bestuur teen ’n 66-jarige vrou in verband met die voorval. Sy het in ’n Hyundai-sportnutsvoertuig gery.

Paballo is Dinsdag om 14:25 by die kruising van Van Riebeeck- en Krugerlaan in Vereeniging raakgery toe hy voor die skool oor die straat gehardloop het.

Funda sê Paballo het oor die straat gehardloop en toe weer teruggehardloop skool toe. Dit is toe dat die motor hom getref het.

Paballo se regterbeen is op twee plekke gebreek. Sy toestand is egter stabiel en bevredigend.

Sy ouers wou nie met die media praat nie en het net bevestig dat Paballo Woensdagmiddag ’n operasie sou ondergaan.

Meer oor:  Leerling  |  Raakgery
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.