Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Seuntjie besig om by te kom ná kameelperd hom trap
Finn Williams (3), ’n kameelperdkoei het hom getrap.

Finn Williams, die driejarige seuntjie wat verlede week saam met sy ma deur ’n kameelperd op die Blyde Wildlife Estate naby Hoedspruit getrap is, is besig om sy bewussyn in die hospitaal te herwin.

Dit is die nuutste inligting wat Vrydag deur die Williams-familie aan die media weergegee is. Finn se ma, dr. Katy Williams (35), het soos haar seun veelvuldige beserings opgedoen toe ’n kameelperdkoei hulle verlede Maandag in die natuurreservaat getrap het.

Williams het reeds haar bewussyn herwin. Albei word in die Busamed Modderfontein-hospitaal in Johannesburg behandel.

Dr. Sam Williams (36), haar man, sê dit was vir hom “wonderlik toe Katy wakker geword het”.

Luidens ’n verklaring, wat Vrydag deur die Williams-familie uitgereik is, haal Finn weer op sy eie asem en die dokters hoop om binnekort die volle omvang van sy beserings te bepaal. Finn het verlede Maandag ’n breinoperasie ondergaan om die drukking op sy brein te verlig.

Jack Standish, Katy se pa, het in ’n eksklusiewe onderhoud met die Amerikaanse nuus-uitsaaier ABC gesê hy wil nie hê iets moet aan die kameelperd gedoen word nie. “My dogter en kleinseun se toestand het aansienlik verbeter. Die kameelperd kan nie verkwalik word vir wat gebeur het nie.”

Die Williams-gesin. Foto: Verskaf

Standish, wat intussen uit Amerika in Suid-Afrika aangekom het om die Williams-gesin te ondersteun, sê in dié onderhoud hy het flou geword toe hy hoor sy dogter en kleinseun is deur ’n kameelperd by ’n natuurreservaat in Suid-Afrika getrap. Hy was egter binne minute weer by sy volle bewussyn en besig om sin te maak van dié skokkende voorval.

“Ek weet dit gaan ’n lang herstelpad wees en ek sal hier wees vir elke tree,” het Standish gesê.

Riaan Cilliers, die bestuurder van die Blyde Wildlife Estate, het bevestig dat hulle die koei en haar kalf na ’n ander wildplaas in die omgewing gaan verskuif. Wild loop vrylik tussen die huise op die luukse landgoed rond. Hy sê die feit dat die koei ’n jong kalf by haar gehad het, het waarskynlik gelei tot die voorval.

Die Williams-egpaar is navorsingsgenote in natuurbewaring en woon reeds geruime tyd in Suid-Afrika. Sam is ’n Britse burger en Katy ’n Amerikaner.

Kyk die ABC-video hier.

Intussen is ’n geldinsamelingsprojek vir die Williams-gesin begin. Vir meer inligting klik hier.

Meer oor:  Finn Williams  |  Hoedspruit  |  Kameelperd
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.