Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Sevel laat boodskap aan vrou en kind

Die werknemer van Sun International wat hom Donderdag doodgeval het, het ’n foto van sy vrou en kind op sy werklessenaar gelos met die boodskap: “Ek is lief vir julle.”

Dan Sevel (41) se suster, Lauren Sevel-Rubin, het Vrydagaand dié boodskap bevestig en gesê die boodskap was op die foto geskryf.

Dit is nog onduidelik of Sevel van ’n balkon op die vyfde verdieping van Sun International se hoofkantoor in Sandton afgespring of geval het. Nooddienste het hom op die toneel dood verklaar.

Hy was die sportbemarkingsbestuurder en direkteur van die Nedbank Gholf-uitdaagtoernooi.

Sevel-Rubin sê die familie weet nog nie wat tot haar broer se dood gelei het nie.

“Hy het voor sy dood normaal opgetree en ons het niks vreemds opgemerk nie. Die hele familie en veral sy vrou en kind sukkel om die hele ding te hanteer.”

Dit was ’n verskriklike skok dat hy so skielik dood is. Mens word met soveel vrae gelaat.
Slagoffer se vriend

Sy beskryf haar broer as ’n nederige en sagmoedige reus.

Thomas Abt, adjunkkommissaris van die Sonskyn-gholfreeks en sakevriend van Sevel, sou volgende week saam met hom na die Britse Ope-gholftoernooi vlieg.

“Dit was ’n verskriklike skok dat hy so skielik dood is. Mens word met soveel vrae gelaat.”

Volgens Abt was sy oorlede vriend ’n steunpilaar in die Joodse gemeenskap waar hy gewoon het.

“Sy grootste fout was dalk dat hy altyd bereid was om mense te help. Hy het altyd ’n plan gemaak.”

Zoleka Skweyiya, woordvoerder van Sun International, wou Vrydag nie enige besonderhede oor Sevel se dood bekend maak nie. Sy bly by haar vorige verklaring wat sê dat die omstandighede rondom sy dood nog ondersoek word en dat dit onbekend is of hy afgespring of geval het.

“Ons wil in dié stadium net die familie kans gee om te rou,” het Skweyiya gesê.

Kapt. Granville Meyer, polisiewoordvoerder, se selfoon was Vrydagaand afgeskakel. Hy het vroeër bevestig dat die polisie ’n nadoodse ondersoek doen.

Sevel sal Sondag in die Wespark-begraafplaas in Johannesburg begrawe word.

Meer oor:  Dan Sevel  |  Sun International  |  Sandton  |  Boodskap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.