Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Shaleen: Familie se verklaring
PRETORIA, SOUTH AFRICA ? JUNE 08: Actress; Shaleen
Shaleen Surtie-Richards in 2016. Foto: Theana Breugem

Shaleen Surtie-Richards (66) se familie het 'n verklaring uitgereik nadat die geliefde aktrise Maandagoggend dood in 'n gastehuis in Kaapstad gevind is.

"Dit is algemeen bekend dat sy aan diabetes en hartkwale gely het, en haar dood kan daarmee verband hou, maar die familie wag vir die uitslag van die nadoodse ondersoek. Daar is allerhande gerugte oor die oorsaak van haar dood, en dit is waarom ons wil benadruk dat me. Surtie-Richards nie haar eie lewe geneem het nie," sê Alistair Izobell, familiewoordvoerder, in die verklaring.

Volgens hom het Surtie-Richards, wat as Nenna in die sepie Egoli: Plek van goud diep in Suid-Afrikaners se harte gekruip het, in die gastehuis tuisgegaan terwyl sy aan die televisiereeks Arendsvlei gewerk het.

"Ons het 'n suster, tannie en niggie verloor. Ons probeer om die nuus te verwerk en ons gebroke harte te kalmeer. Ons besef sy was nie net in ons harte nie, maar in dié van die volk. Ons is dankbaar vir die liefde, bystand en respek terwyl ons haar regmaak dat die gordyn vir die laaste keer sak.”

Die aktrise Lizz Meiring het vroeër gesê Surtie-Richards was die afgelope tyd nie gesond nie. "Asemhalings- en longprobleme, maar ons weet nie wat die oorsaak was nie."

Sy word ook veral onthou vir haar rol as Fiela in die fliek Fiela se kind.

Surtie-Richards is in Upington in die Noord-Kaap gebore en word deur ’n ouer halfbroer oorleef.

Hou Netwerk24 dop vir meer inligting.

* Hierdie berig is aangepas sedert dit aanvanklik gepubliseer is.

Meer oor:  Fiela Se Kind  |  Egoli  |  Arendsvlei  |  Kaapstad  |  Shaleen Surtie-Richards
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.