Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Shoprite sê jammer oor bestuurder wat werker vloek

Shoprite het Donderdag sy klante en werknemers om verskoning gevra nadat ’n winkelbestuurder op ’n werknemer geskreeu en gevloek het.

’n Video daarvan het vroeër soos ’n veldbrand op sosiale media versprei.

In die video maak die bestuurder mildelik van die f-woord gebruik en daag hy die werknemer uit om hom fisiek aan te pak.

Shoprite het die voorval bevestig. Dit het in een van die groep se winkels in Gauteng plaasgevind.

In ’n mediaverklaring wat Donderdag uitgereik is, vra Shoprite al sy klante en werknemers om verskoning. Die bestuurder is geskors hangende ’n ondersoek.

Die nodige stappe sal in die dissiplinêre proses gedoen word in oorleg met die maatskappy se gedragskode vir bestuurders en werknemers, lui die verklaring.


Meer oor:  Shoprite  |  Bestuurder
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.