Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Shosholoza Meyl: Oorsaak van ongeluk nog onbekend

Die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) weet self nog nie presies wat skeefgeloop het toe twee treine Woensdagaand naby die Horizon-treinstasie in Roodepoort gebots het nie.

Een passasier is dood en vier ander mense beseer nadat Prasa se Shosholoza Meyl Premier-trein teen ’n stilstaande goederetrein van Transnet gebots het.

Nana Zenani, ’n woordvoerder van Prasa, sê hulle kan nie enige stappe doen voordat die ondersoek van die Spoorveiligheidsreguleerder (RSR) nie afgehandel is nie.

Die polisie en ander werkers was Vrydag nog besig om wrakstukke te verwyder.

Die RSR, wat Vrydag nie vir kommentaar bereik kon word nie, het vroeër aan Netwerk24 gesê hy sal die bevindinge van sy voorlopige ondersoek binnekort bekend maak.

Madelein Williams, woordvoerder van die RSR, het vroeër gesê die voorlopige ondersoek dui daarop dat die sentrale beheerkamer albei treine gemagtig het om die spesifieke spoorlyn te gebruik.

Steve Harris, sekretaris van die Verenigde Nasionale Vervoerunie (Untu), meen die ongeluk kan in só geval op ’n menslike fout neerkom, hoewel hy versigtig is om oor die oorsaak van die ongeluk te bespiegel voordat die ondersoek afgehandel is.

“Die elektroniese sinjale is eintlik veronderstel om met treinbestuurders te kommunikeer wanneer een spoor deur verskeie treine gebruik word. As die lig groen is, beteken dit dat dit veilig is om te ry. As die lig rooi is, is daar ’n ander trein op die spoor,” sê Harris.

Volgens hom is baie van hierdie elektroniese sinjale in Gauteng egter gesteel wat veroorsaak dat mense in die beheerkamer die proses moet hanteer. Dit vergroot die kans vir foute.

Untu eis van Prasa dat daar altyd ’n senior bestuurder in sentrale beheerkamers moet wees om te voorkom dat treinongelukke gebeur.

Die Shosholoza Meyl het Dinsdag met 36 passasiers en 14 personeellede uit Kaapstad vertrek. Vyf van die passasiers het op die Kimberley-stasie afgeklim voordat die trein sy rit na Johannesburg voortgesit het.

Meer oor:  Shosholoza Meyl  |  Treinbotsing  |  Treinongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.