Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Simonstad-buiteklub in ligte laaie

Aansienlike skade is Donderdagoggend in ’n brand aan die Simonstad-buiteklub aangerig.

Jermaine Carelse, woordvoerder van Kaapstad se brand- en reddingsdienste, sê die brandweer is omstreeks 06:55 na die toneel in Oaklandweg ontbied. Brandbestryders van Simonstad en Vishoek het die brand teen 08:45 geblus.

“Die brand het aansienlike skade aan die kombuis, kroeg en stoor aangerig terwyl die voorportaal rookskade opgedoen het.”

Twee brandweerwaens en 12 brandbestryders is na die buiteklub ontplooi.

Niemand is in die voorval beseer nie en die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.

’n Brand het Donderdagoggend by die Simonstad-buiteklub uitgebreek.

Meer oor:  Simonstad  |  Kaapstad  |  Brand  |  Buiteklub
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.