Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Simonstad se bekendste hond word herstel

Die bekende standbeeld van Just Nuisance, die Britse vloot-hond van Simonstad, gaan 'n nuwe keppie en halsband kry nadat dit onlangs deurgeloop het onder die hande van vandale wat vermoedelik die brons in die beeld wou buit.

Die standbeeld van Just Nuisance op Jubilee-plein in Simonstad. Foto: Argief

Just Nuisance se halsband en hoed wat voor sy pote op die standbeeld lê, bevat brons, en vandale het einde April dié dele van die standbeeld met vermoedelik hamers en beitels afgekap en gesteel.

Die vandale het na geld gesoek vir hul volgende maaltyd, het Ann Thompson van die Simonstad-museum en lid van die Simonstad-geskiedenisvereniging, in Mei aan Ané van Zyl gesê.

“Hulle het geen respek vir geskiedenis nie. Dit ontstel ons en die hele gemeenskap,” het sy gesê.

'n Hondekos-organisasie, JOCK, het die oorspronklike ontwerper en kunstenaar van die standbeeld, Jean Doyle, gevra om die standbeeld te herstel, berig News24.

Dit sou na raming duisende rande kos om te herstel.

Die standbeeld van Just Nuisance is in 1985 op die Jubilee-plein in Simonstad opgerig. Dis in herinnering aan die hond wat in 1937 gebore is en wat sy naam gekry het van seevaarders wat die hond lastig gevind het en gesê het hy is “net ’n laspos” omdat hy daarvoor lief was om op die dek van skepe te lê en dikwels in hul pad was.

Die Deense hond was later ’n groot vriend van die seevaarders en lede van die Britse vloot, soveel so dat hy die rang van luitenant ontvang het sodat hy saam met sy kollegas kon treinry.

Just Nuisance is in 1944 dood en is toe as volwaardige matroos begrawe.

Daar word ook jaarliks op 1 April (of die naaste Saterdag) ’n verjaardagpartytjie vir Just Nuisance gehou. Die dag word gevier met ’n parade van Deense honde en ander honde vanaf die vloot se sportveld, deur Simonstad, na Jubilee-plein waar die standbeeld is.

“Just Nuisance is ’n wêreldbekende figuur,” sê Eric Mawhinney, voorsitter van die Simonstad-geskiedenisvereniging.

“Die standbeeld verteenwoordig ’n lang geskiedenis en dit is tragies dat dit so beskadig is.”

Die nuwe standbeeld word Woensdag omstreeks 11:00 bekend gestel.

Meer oor:  Simonstad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.