Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Situasie by VBS Mutual Bank 'erger'

Die finansiële situasie by VBS Mutual Bank is “erger as wat gedink is,” sê Kuben Naidoo, adjunkhoof van die Reserwebank.

Hy sê ’n forensiese ondersoek, wat nog twee tot drie maande kan duur, word gedoen om vas te stel of daar bedrog in die bank was en of vals inbetalings aan die bank gedoen is, berig Fin24.

Intussen gaan Kevin Mileham, DA-woordvoerder oor samewerkende regering en tradisionele sake, en Adriana Randall, DA-woordvoerder in Gauteng oor finansies, Woensdag ’n klag van bedrog teen die Wes-Rand-Distriksmunisipaliteit by die Randfontein-polisiekantoor indien.

Dié munisipaliteit het R46 miljoen onwettig by VBS Mutual Bank belê.

Daar is 15 munisipaliteite landwyd wat geld by VBS Mutual Bank belê het. Agt van die 15 munisipaliteite is in Limpopo, vier is in Noordwes, twee in Gauteng en een in Mpumalanga.

“Hierdie munisipaliteite kan groot hoeveelhede verloor van die geld wat hulle belê het. As hulle gelukkig is kan hulle tussen 10c en 40c terugkry van elke rand wat hulle belê het,” sê Mileham.

Die grootste boete van R75 miljoen is opgelê aan die Johannesburg-tak van China Construction Bank Corporation – R20 miljoen van die R75 miljoen is vir drie jaar opgeskort.

Die Vhembe-distriksmunisipaliteit in Limpopo het R311 miljoen oftewel 34,57% van sy jaarlikse begroting by VBS Mutual Bank belê. Die Groter Giyani-munisipaliteit het R158 miljoen, meer as die helfte van sy jaarlikse begroting, by die bank belê.

VBS Mutual Bank het in 2016 ’n lening van R7,9 miljoen aan oudpres. Jacob Zuma toegestaan vir sy Nkandla-huislening.

Die Reserwebank het R77,5 miljoen se administratiewe boetes aan VBS Mutual Bank en China Construction-bank opgelê omdat hulle nie aan die vereistes van die Wet op Finansiële Intelligensie (Fica) voldoen het nie.

Die twee banke is gestraf omdat hulle nie hul kliënte se besonderhede kon identifiseer nie, nie rekords van kliënte se identifikasie gehou het nie en onvoldoende beheermaatreëls gehad het om verdagte transaksies te identifiseer.

Die grootste boete van R75 miljoen is opgelê aan die Johannesburg-tak van China Construction Bank Corporation – R20 miljoen van die R75 miljoen is vir drie jaar opgeskort.

VBS is ’n boete van R2,5 miljoen opgelê, waarvan R2 miljoen vir ’n jaar opgeskort is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.