Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Situasie op R59 is terreur, sê VF+

Die “chaotiese” situasie op die R59 in Midvaal grens nou aan terreur en die provinsiale polisiekommissaris moet ingryp. sê die Vryheidsfront Plus.

Die 10de vragmotor sedert die begin Junie is Dinsdagaand op dié pad gekaap, geplunder en uitgebrand. Twee motors is ook beskadig.

Kobus Hoffman, die VF Plus se onderleier in Gauteng en raadslid vir Sedibeng, het Woensdag gesê dit is “kommerwekkend” dat die polisie die vandale nie kan identifiseer en in hegtenis kan neem nie. Videomateriaal en foto’s van die plundertogte is al aan die polisie oorhandig. Die mense verskyn in die hof, maar word gou weer op borgtog vrygelaat.

Hy het gesê die ekonomie van die Vaaldriehoek begin ernstige skade ly weens die voortslepende geweld, die plundertogte en die feit dat die pad kort-kort gesluit moet word.

Volgens Hoffman is daar nou selfs verskaffers wat weier om goedere van Johannesburg na Meyerton, Vereeniging, Vanderbijlpark en ander dorpe te bring omdat hulle ernstige skade ly wanneer hul voertuie gekaap en gepunder word. Hul bestuurders se lewens is meestal ook in gevaar. Een man wat ’n vragmotor vol ou batterye bestuur het, is vroeër vandeesweek met bakstene in die gesig geslaan.

Hoffman het gesê dit is veral jeugdiges wat saans en soggens vroeg op die brug tussen die afritte na Johan le Roux- en Meyer-state bymekaar kom en voertuie met bakstene bestook.

Ons vergader gereeld met die polisie. Hierdie voorvalle is absolute kriminaliteit.
Bongani Baloyi, burgemeester van Midvaal.

Volgens hom maak die oproeriges Coke-bottels vol water, draai ’n vislyn om die bottel se nek en laat dit van die brug af hang. Motorryers kan die bottels glad nie sien nie, veral nie vroegoggend en teen skemeraand nie.

Die bottels slaan die voorruite van motors uit.

Volgens ’n woordvoerder van die Midvaal plaaslike owerheid is meer as 80 voertuie sedert begin vanjaar al op ’n soortgelyke manier beskadig.

Hoffman het gesê drastiese stappe sal gedoen moet word om die R59 te beveilig, soos dat ’n heining op die brug opgerig word om te keer dat mense voorwerpe op voertuie kan gooi.

Bongani Baloyi, burgemeester van Midvaal, het gesê die VF Plus is uit voeling met die werklikheid.

“Ons vergader gereeld met die polisie. Hierdie voorvalle is absolute kriminaliteit.”

Lt.kol. Julia Claassen, woordvoerder van die Gautengse polisie, het Woensdagaand gesê die polisie van Sedibeng, Meyerton, asook lede van die openbareordepolisie is op die toneel en is besig om die sitasie “te ontlont” en die gebied te beveilig.

Na verneem word het lede van die Gautengse taxi-vereniging Woensdag “met minstens 60 taxi’s” in Sicelo ingery en die “belhamels” gewaarsku om end te kry met “hul geplunder”.

Hulle het glo aan die inwoners gesê hulle is besig om self groot skade te ly weens voorvalle.

Die pad was Woensdagaand gedeeltelik oopgestel.

Meer oor:  Vf Plus  |  Midvaal  |  Vragmotor  |  Plunder  |  Kaping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.