Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Sjef Sonia Cabano dood in huis gekry
Sonia Cabano, as die aanbieder van kykNET se kosprogram ‘Pampoen tot Perlemoen’. Foto: Argief

Die bekende sjef en koskenner Sonia Cabano is Maandagmiddag dood in haar huis gevind. Sy was 57 jaar oud.

Meyer de Waal, Cabano se broer, het haar dood bevestig, maar kon nog nie sê wat die oorsaak van haar dood is nie.

Cabano, wat voorheen as Sonia de Waal bekend gestaan het, was bekend om haar unieke passie vir plaaslike kos en kulture, veral die verskeie geure van disse uit Suid-Afrikaanse kombuise.

In haar loopbaan het sy al vier kookboeke geskryf en was ook die aanbieder van die kykNET-program Pampoen tot Perlemoen.

Sonia Cabano Foto: Argief

Cabano, wat ’n Vrystaatse boorling was en in Brandfort grootgeword het, het ook naam gemaak op die loopplanke van Europa toe sy ná skool oorsee modelwerk begin doen het.

Winnie Madikizela-Mandela, oudpres. Nelson Mandela se tweede vrou, het tydens haar ballingskap op Brandfort noue bande gehad met Sonia se ouers, Piet en Adèle de Waal. Sy het ook ’n groot invloed op die jong Sonia se lewe gehad.

Cabano word oorleef deur twee kinders, Guillaume (21) en Sabah (19) Cabano, en nog ’n broer, Werner de Waal.

Nader besonderhede oor haar dood kon nog nie bevestig word nie.


Meer oor:  Sonia Cabano
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.