Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Skaal van tabak-sluikhandel ‘skokkend’

Altesaam 66 000 polisielede se salarisse kan betaal word met die geld wat die staat jaarliks aan inkomste verloor weens die onwettige handel in tabak, sê ’n voormalige prokureur van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID).

Telita Snyckers het Woensdag op ’n aanlyn geleentheid van die Kaapstad-persklub gesê tabak is nou die mees gesmokkelde wettige produk ter wêreld.

Sy is die skrywer van Dirty Tobacco: Spies, Lies and Mega-profits, wat onlangs verskyn het.

In 2013 het sowat 26% van tabakprodukte na raming die land onwettig binnegekom en dit het tot 13% gedaal nadat die SAID daadwerklik daarteen begin optree het, sê Snyckers.

“Maar sedert die ondersoekende kapasiteit van die SAID ontbind is, het ons die onwettige handel sien toeneem tot 35% in 2018. Tans maak dit natuurlik 100% van tabakverkope tydens die staat van inperking uit.”

Dié sluikhandel lei tot ’n “fenomenale” verlies aan staatsinkomste – sowat R7 miljard jaarliks.

Snyckers sê dit is nie net die vervaardigers van onwettige tabakprodukte wat die skuld moet dra nie, maar ook groot maatskappye.

Tot 98% van smokkeltabak kom van wettige, geregistreerde vervaardigers af.

Maar sedert die ondersoekende kapasiteit van die SAID ontbind is, het ons die onwettige handel sien toeneem tot 35% in 2018. Tans maak dit natuurlik 100% van tabakverkope tydens die staat van inperking uit.

Volgens Snyckers kan vragte van tabakprodukte op verskeie maniere nagespoor en maklik gemonitor word, maar die meeste maatskappye verkies om dit nie te doen nie.

Hulle trek voordeel daaruit indien hul voorraad na die onwettige voorraadketting herlei word.

“Wat ons oor die wêreld heen sien, is dat regerings maatreëls instel om die produkte na te spoor, sodat jy kan teruggaan tot by die vervaardiger en seker maak waar dit vandaan kom en waar dit veronderstel is om op te eindig.”

Die groot winste in die sluikhandel dien egter as aansporing vir die bedryf om nie dié maatreëls in te stel of teen sluikhandel te stry nie.

Boonop is regerings huiwerig om teen die bedryf op te tree weens die belasting wat hulle daaruit verdien en werksgeleenthede wat dit skep.

“Die hoeveelheid geld wat jy gesamentlik uit wettige en onwettige handel kan maak, is eenvoudig verstommend en daarom maak dit sin dat maatskappye ook aan albei markte probeer voorsien.”

Van die uitvoertabak wat in Suid-Afrika verklaar word, raak tot 66% “verlore” en bereik nie hul bestemmingsmark waar dit as invoer verklaar moet word nie.

Dit beteken baie uitvoertabak word in die land gehou en kan verkoop word sonder om belasting daarop te betaal.

Voorts is daar die probleem dat die syfers oor die sluikhandel gewoonlik op ramings van die tabakbedryf gegrond word en hulle het belang daarby om dié syfers op te blaas sodat maatskappye kan aanvoer die regering moenie belastingkoerse verhoog nie.

Snyckers meen ook dat daar nie sterk genoeg bewyse is wat die verbod op die verkoop van tabakprodukte tydens die staat van inperking regverdig nie.

• Kyk die uitsending van die Kaapstad-persklub hier:


Meer oor:  Sigaret-Verbod  |  Sigarette
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.