Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Skade aan Metodistekerk ‘onbegryplik’
Metodistekerk
So lyk dit in die Metodistekerk op Groentemarkplein. Fotos: Alan Storey

’n Walglike gemors.

Dít is hoe eerw. Alan Storey van die Metodistekerk op Groentemarkplein Maandag die toneel beskryf het waar sowat 400 vlugtelinge verwyder is nadat hulle maande lank die kerkgebou beset het.

“Al die matte is uitgeruk. Dit is baie ontstellend om te dink dat mense in sulke omstandighede geleef het,” sê Storey.

Hy het Maandag geklee in beskermende kleredrag saam met skoonmakers in die kerkgebou ingegaan.

“Daar is ’n massiewe klomp gemors en afval. Alles gaan nou verwyder word. Die kerk gaan dan ontsmet word en die deure vir eers tot ná die inperking gesluit word,” sê Storey.

Daarna sal herstelwerk aan die kerk gedoen word, onder meer aan die badkamer wat onder water is en waar die toilette verstop is.

Houtpanele in die kerk is ook gebreek.

Metodistekerk
Skoonmakers het Maandag begin om al die gemors uit die kerk te verwyder.
Metodistekerk
Wetstoepassers moes Donderdag die kerk se deur oopbreek nadat die vlugtelinge hulself binne toegesluit het.
Metodistekerk
Die pot met kos is net so in die kerk gelos.
Metodistekerk
Die vlugtelinge se besittings is die hele kerk vol.

’n Hoop vrot kos lê eenkant opgestapel. Minstens agt groot vullishouers is reeds buite die kerk geplaas sodat al die gemors en afval daarin gegooi kan word.

Storey sê dit is onbegryplik hoeveel skade aangerig is.

Hy het vroeër op CapeTalk gesê net voordat die vlugtelinge die kerkgebou op 2 April moes verlaat, het van die leiers buite gestaan. Daarna het hulle weer in die kerkgebou ingegaan, die deure gesluit en dit toegepak. Om dié rede moes die polisie hamers en ander gereedskap gebruik om die deure oop te breek.

Storey sê hy verstaan waarom die wetstoepassers dit moes doen. Hy kan net nie verstaan hoekom die vlugtelinge die deure toegepak het nie, dit net sodat hulle ’n paar minute kon spaar alvorens hulle wel die kerkgebou verlaat het.

Meer oor:  Groentemarkplein  |  Metodistekerk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.