Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Skade van R16 m. aan staatsgeboue ná storms
Storms het verlede Maandag verwoesting in Gauteng en KwaZulu-Natal gesaai. Foto: Argief

Die voorlopige herstelkoste weens stormskade aan staatsgeboue in Gauteng en KwaZulu-Natal staan al op minstens R16 miljoen, het Nkosinathi Nhleko, minister van openbare werke, Maandag bekend gemaak.

“Die dertig geboue in KwaZulu-Natal sluit in die 17 staatseiendomme wat deur die Suid-Afrikaanse polisiediens en departemente van arbeid, verdediging en justisie gebruik word, asook 13 huureiendomme,” sê Nhleko.

Hy het gesê die skade aan die Suid-Gautengse hooggeregshof en die binnelandse sakegebou in Krugersdorp is minimaal en is reeds herstel.

Kontrakteurs sal na verwagting teen die einde van vandeesweek op al die terreine wees waar herstelwerk gedoen moet word.

Nhleko wil hulpbronne beskikbaar stel om die provinsies wat deur die storms geraak is, by te staan.

Hy sê op ’n uitvoerende raadsvergadering Vrydag is die leierskap van die premiers van KwaZulu-Natal en Gauteng geprys en vertroue is uitgespreek dat daar min onderbrekings in dienslewering sal wees danksy die aanvanklike planne wat gemaak is om die effek van die skade te verlig.

Meer oor:  Nkosinathi Nhleko  |  Gauteng  |  Kwazulu-Natal  |  Storms  |  Weer  |  Skade  |  Versekering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.