Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Skerp draai dalk rede vir Anika (16) se vliegongeluk
Anika de Beer (16) is op 30 Junie dood nadat sy met ’n Piper PA-28-180 Cherokee-vliegtuig verongeluk het tydens ’n solovlug. Foto: Verskaf

Voordat die Piper PA-28-180 Cherokee op 30 Junie naby die Onderstepoort Veeartsenykundige Akademiese Hospitaal met Anika de Beer (16) neergestort het, het dit skerp gedraai.

Dit was moontlik die oorsaak dat die jong vlieënier beheer oor die vliegtuig verloor het en dat die vliegtuig in die rondte begin tol en neergestort het, lui die voorlopige ongelukverslag van die Burgerlugvaartowerheid (BLO).

Anika was ten tyde van die vliegongeluk besig met haar tweede solovlug as deel van haar opleiding by die Professional Flight Centre-vliegskool.

Die ongeluk het gebeur kort nadat sy by die Wonderboom-lughawe in Pretoria opgestyg het.

Volgens die voorlopige verslag het sy haar eerste solovlug op 26 Junie gedoen.

Luidens die verslag het Anika geen noodseine uitgestuur of melding gemaak van enige foute met die vliegtuig voor die ongeluk nie.

“Die vliegtuig was in ’n skerp draai kort voor die ongeluk. Dit is moontlik dat die vliegtuig sy draailimiet oorskry het, wat die vliegtuig in die rondte laat tol en sy enjin laat uitsny het. Die student het beheer verloor en kon dit nie herwin nie,” lui die verslag.

Die wrak van die Piper PA-28-180 Cherokee-vliegtuig van die Professional Flight Centre-vliegskool waarin Anika de Beer verongeluk het. Foto: Deaan Vivier

Anika het ten tyde van die ongeluk 24,14 uur vliegtyd in die spesifieke soort vliegtuig voltooi.

“Die vliegskool het aangedui dat die vliegtuig lugwaardig was voordat die student opgestyg het,” lui die verslag.

Die vliegtuig se lisensies was ook op datum.

“Die weerstoestande daardie dag was goed en daar was geen laevlak-turbulensie nie.”

Andries de Beer, Anika se pa, sê hy het die verslag bestudeer en meen dit is redelik. “Dit voorsien aan ons ’n basiese antwoord. Ons het verwag dit is wat moontlik gebeur het,” sê hy.

Hy sê ’n maand ná die ongeluk gaan dit steeds maar “rof” met hom. “Sommige dae is beter as ander. Ek sukkel veral as ek alleen is of alleen in die bakkie ry. Ek wens so graag my kind kon nog geleef het.”

Ook Rika de Beer, Anika se ma, sê dit gaan swaar met haar. “Daar is dae wat ek sukkel om op te staan, maar ek moet,” sê sy.

Die BLO sal binne die volgende jaar ’n volledige verslag oor die ongeluk bekend maak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.