Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Skietdood in George: Paartjie geïdentifiseer

’n Paartjie wie se lyke Vrydagoggend in ’n huis in ’n gegoede buurt in George gekry is, is deur die polisie geïdentifiseer.

Hulle is Amorei Vermaak (26) en Stephen Fleck (31).

Amorei Vermaak Foto: Facebook

Na verneem word, was die twee in ’n verhouding en het hulle saamgewoon. Volgens die polisie is hul lyke Vrydagoggend in ’n huis in Aandblomlaan in Bergsig gevind.

’n Kollega van Vermaak het Vrydag omstreeks 09:00 die huis besoek nadat sy nie by die werk opgedaag het nie. Die kollega het die lyke gesien en die nooddienste ontbied.

Die polisie het ’n venster gebreek om toegang tot die huis te kry. Die lyke is met skietwonde in ’n slaapkamer gevind. ’n Pistool is ook op die toneel gekry.

Die motief vir die voorval is nog onbekend. Kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, sê die polisie kan nog nie sê presies wat gebeur het nie en kan ook nie daaroor bespiegel nie.

“In dié verband sal die lykskouingsverslag ons kan help om vas te stel presies wat gebeur het.”

’n Saak van moord en strafbare manslag word ondersoek.

Volgens Pojie is die uitslag van die lykskouing nog nie bekend nie.

Volgens Vermaak se LinkedIn-profiel het sy as ’n verkoopskonsultant by Nedbank gewerk en volgens inskrywings op die Facebook-groep Georgiete Staan Saam het sy ook grimering verkoop. Van haar skoolvriende sê sy het ’n deel van haar laerskoolloopbaan in die Laerskool George-Suid voltooi en was ook in die Hoërskool Outeniqua in George. Sy het netbal gespeel en in die koor gesing. Na verneem word, woon van haar familie in Kaapstad.

Amorei Vermaak Foto: Facebook

Van haar vriende het ná hul skoolloopbaan kontak met haar verloor en via sosiale media gehoor dat sy en Fleck uitgaan. Hulle het egter nie vir Fleck geken nie.

“Sy was ’n wonderlike mens en ons is baie geskok oor wat gebeur het,” sê ’n vriendin wat saam met haar op laerskool was.

Volgens huldeblyke op Facebook was Vermaak altyd vol lewe en kwinkslae en was sy “ ’n mooi siel wat te gou weggeneem is”. Die begrafnisreëlings is nog nie bekend nie. Vermaak word onder andere deur haar pa, Phillip, oorleef.

Meer oor:  George  |  Skietery  |  Skiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.