Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Skietvoorval by parlement

’n Werknemer van die parlement het homself na bewering Vrydag in sy kantoor geskiet.

Die man se identiteit was ten tyde van publikasie nog nie bekend nie.

Mense drom voor die gebou saam. Foto: Philda Essop

Die parlementêre perseel was egter Vrydag kort ná 12:00 in rep en roer soos polisievoertuie en ambulanse met loeiende sirenes aangejaag gekom het.

Dit was nie onmiddellik bekend hoe die oorledene met ’n vuurwapen by die gebou in Pleinstraat 90 ingekom het nie, siende dat elke ingang dag en nag deur polisielede bewaak word en almal wat die gebou binnekom deur metaalverklikkers moet loop.

Die voorval het plaasgevind terwyl Senzeni Zokwana, minister van landbou, bosbou en visserye, ’n voorlegging oor sy departement se werksaamhede in die aangrensende Marksgebou gelewer het.

Volg Netwerk24 vir meer hieroor.

Polisievoertuie en ambulanse by die parlementsgebou. Foto: Llewellyn Prince
Foto: Llewellyn Prince

Meer oor:  Skietery Parlement
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.