Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Skip deur stormwind in Kaapstad-hawe vasgekeer

Die passasiersboot MSC Orchestra, met 3 200 mense aan boord, is vasgekeer in Tafelbaai-hawe. ’n Siedende Suidooster verhoed dit om uit te vaar.

Wimpie van der Sandt, uitvoerende hoof van Bok Radio, het Vrydagmiddag gesê dit is ’n spesiale vaart van dié radiostasie wat Vrydag na Walvisbaai moes vertrek.

Verskeie kunstenaars, insluitend Fatman, Liezel Pieters Page, Juan Boucher, Jan Blohm, Wikus van der Merwe; Jakkie Louw, Arno Jordaan, Snotkop, Steve Hofmeyr en Ray Dylan is op die boot.

En al moet die boot voorlopig in die hawe bly, die kuier gaan aan.

Die passasiersboot MSC Orchestra, met 3 200 mense aan boord, is Vrydag in die Tafelbaai-hawe vasgekeer.Foto: Jaco Marais

“Ons het Tafelberg aan die een kant en Tafelbaai aan die ander. Watter beter uitsig. Al die vertonings gaan voort. Niks gaan die groot kuier keer nie.

“Ons kan nie by die hawe uitkom nie omdat die wind te sterk is. Die wind waai teen 80 km/h, maar daar is rukwinde van tot 130 km/h. Twee sleepbote word ingespan om die vaartuig te stabiliseer.”

Die skeepskaptein het aan Van der Sandt gesê indien die wind in die nag bedaar, sal die vaart begin.

Die skip was teen 20:00 Vrydagaand steeds in die hawe en na aanleiding van wat die weervoorspelling sê, lyk dit of die skip dalk eers Sondag gaan vertrek. As die skip nie voor 01:00 Saterdagoggend vertrek nie, sal hulle nie meer Walvisbaai toe kan gaan nie, slegs Lüderitz, het Van der Sandt gesê. 

"As die skip eers Sondag wegkom, sal die boot na 'nêrens' vaar. Ons sal dan seker net om Kaappunt vaar en weer terugkom. Die wind waai baie erg.

“Almal verstaan. Ons hou die show aan die gang,” volgens Van der Sandt.

Lees ook:Kaapse wind speel nie - kyk dié foto's!

Die wind het die hele Vrydag amok gemaak in die Moederstad. Mense op straat moes vasklou waaraan hulle kon om nie van hul voete geruk die word nie.

Een van die voetgangers het gesê sy sonbril het van sy gesig gewaai en hy kon dit nie weer opspoor nie. ’n Braaihoender is uit iemand anders se hande gewaai.

Die Tafelberg-sweefspoor het geen ritte onderneem nie.

Meer oor:  Kaapstad  |  Msc Orchestra
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.