Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Skok ná sakeman van Robertson vermoedelik verdrink
Marius Bruwer
Marius Bruwer en sy vrou, Alett. Foto: Facebook

’n Bekende sakeman van Robertson in die Wes-Kaap het Sondagmiddag vermoedelik verdrink toe vloedwater in die Hoopsrivier, wat glo baie lank laas in vloed was, hom meegesleur het.

Marius Bruwer, (43) besturende direkteur van Epic Fruit Exporters in die dorp, het saam met vriende op binnebande die rivier af gery.

Volgens ds. Johan Dorfling van die NG kerk Robertson-Oos is dit nie heeltemal seker wat presies gebeur het nie. Vriende het sy lyk laer af in die rivier uit die water gehaal nadat hy vermoedelik verdrink het.

Dorfling sê die gebeure het die inwoners geruk.

“Marius was baie geliefd in Robertson, waar hy grootgeword, skoolgegaan en uiteindelik sy gesin gevestig het. Hy was ’n suksesvolle sakeman, wat Epic Fruit Exporters begin het.”

Die restaurant Bourbon Street in Robertson skryf op Facebook dat hy tafel 20 na Marius Bruwer gaan noem. Foto: Facebook

Volgens Dorfling was sy vriendelikheid en gasvryheid alombekend in die streek. “Hy het altyd tyd gehad vir mense en is deur baie wat hom geken het as ’n ‘legende’ op die dorp beskryf. Sy sterwe laat ’n groot leemte.”

Die restaurant Bourbon Street skryf op sy Facebookblad: Ons “stuur ons opregte meegevoel aan Alett, Laenette, MC en die Bruwer-familie. Ons herinneringe aan jou sal altyd in ons harte en gedagtes wees! Tafel 20 sal ter ere van jou ‘Marius Bruwer’ genoem word. Ons sal jou onthou as ons kliënt, ons vriend, ’n eggenoot en liefdevolle vader.”

Marius en Alett Bruwer Foto: Facebook

Ander skryf oor die gemeenskap se hartseer: “Ons sal na jou verlang, Marius Bruwer. Ons harte en gebede gaan uit na Alett en die res van die Bruwer-familie.”

“Sal Marius nooit ooit vergeet nie. Hy het die lewe voluit geleef en was altyd vriendelik en gasvry,” lui nog ’n boodskap.

Bruwer laat sy vrou, Alett, en twee kinders, Laenette en MC, agter.

Meer oor:  Epic Fruit Exporters  |  Marius Bruwer  |  Roberson  |  Hoopsrivier  |  Sakeman  |  Verdrinking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.