Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Skok oor UV-‘Gangster State’-praatjie gekanselleer is

’n Praatjie oor die boek Gangster State: Unravelling Ace Magashule’s Web of Capture is uitgestel sonder dat die uitgewer óf die skrywer in kennis gestel is.

Pieter-Louis Myburgh. Foto: Felix Dlangamandla

Penguin Books het Donderdag sy skok uitgespreek nadat die Universiteit van die Vrystaat (UV) besluit het om die skrywer en ondersoekende joernalis Pieter-Louis Myburgh se praatjie onbepaald uit te stel.

Surita Joubert, woordvoerder van die uitgewer, sê hulle is geskok omdat die UV ’n praatjie gekanselleer het wat al so lank geadverteer word. “Hulle het dit gedoen sonder om ons of die skrywer in kennis te stel.”

Steve Connolly, besturende direkteur van Random House Struik-uitgewers, sê hulle dink die praatjie is gekanselleer nadat die universiteit raad by sy veiligheidsafdeling ingewin het.

“Dit is die universiteit se rol om op te staan vir vryheid van spraak en die veiligheidsafdeling is tog daar om dié reg te beskerm.”

Connolly sê hulle het nog nie al die besonderhede nie, maar bestempel die besluit as lafhartig.

Die praatjie sou volgende Donderdag op die universiteitskampus in Bloemfontein plaasgevind het, maar Myburgh sê hy dink die universiteit het onder druk geswig nadat ’n groep ANC-ondersteuners gedreig het om dit met geweld te ontwrig.

Die skrywer sê hy het gehoor die geleentheid is gekanselleer toe ’n joernalis van die radiostasie OFM hom om kommentaar genader het.

“Hulle (die universiteit) probeer dit nou afmaak as iets wat uitgestel is, maar volgens my is dit ’n kansellasie,” sê Myburgh.

Die bekendstelling van Gangster State is ook in April in die V&A Waterfront gekanselleer. Dié praatjie is toe na Groenpunt verskuif.

* Die UV is om kommentaar genader en dit sal bygewerk word sodra dit ontvang word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.