Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Skole, ondernemings in Ventersdorp gesluit

Skole en feitlik alle sakeondernemings in Ventersdorp, Noordwes, was Woensdag nog toe omdat onrus sedert Maandag in dié dorp woed.

“Die betogers het Dinsdag die Wimpy ingekom en die klante en personeel uitgejaag,” sê Jannie Moss, eienaar van die Wimpy en Engen-vulstasie in Ventersdorp.

“Die pizzas en ander kos het net so bly staan. Ons moes toemaak. Omtrent 80% van die ondernemings is nog toe, maar ons en enkele ander het vanoggend weer oopgemaak. Die betogers het vanoggend (Woensdag) weer hier by ons probeer inkom, maar ons het die deure toegemaak. Die betoging was goed georganiseer, maar daar was nie groot beskadiging van eiendom nie. Bande is ook gebrand, maar die polisie het die betogers uitmekaar gejaag. Die situasie is nog gespanne.”

Die betogers maak al vir weke lank kort-kort amok in die Ventersdorp-omgewing. Die N14-kruising na Coligny (by Ventersdorp) is al ’n paar keer met klippe en brandende bande versper, en motoriste moes dan alternatiewe roetes gebruik. Voertuie is ook met klippe bestook.

Kapt. Sam Tselanyane, polisiewoordvoerder in Noordwes, sê die betoging woed veral nog in die Tshing-township by Ventersdorp.

“Paaie word versper en bande gebrand. Niemand is beseer nie, maar ’n vragmotor is Maandag aan die brand gesteek. Die bestuurder kon ongedeerd wegkom.”

Die N14-hoofweg was teen laat Woensdagoggend nog gesluit by die Coligny-Ventersdorp-kruising, maar die pad van Potchefstroom deur Ventersdorp na Derby was oop. Die situasie verander egter voortdurend.

Verskeie prosesse moet nog afgehandel word voordat die advertensie vir tenders geplaas word en voordat die begroting bepaal kan word.
Victor Boqo, woordvoerder vir Kgotso Khumalo.

Tselanyane sê die betogers se hoofklagtes is die beweerde gesloer met die bou van ’n winkelsentrum langs die N14 naby Tshing, asook die samesmelting in 2016 van die Potchefstroom- en Ventersdorp-munisipaliteit. Die betogers wil hê dié omstrede besluit van destyds moet omgekeer word.

Tselanyane sê die polisie se onluste-eenheid, asook lede in Ventersdorp, is steeds daar om die situasie onder beheer te hou.

Victor Boqo, woordvoerder vir Kgotso Khumalo, burgemeester van die J.B. Marks-munisipaliteit wat Potchefstroom en Ventersdorp bedien, sê die samesmelting van die munisipaliteite was weens ’n besluit wat op nasionale vlak geneem is.

“Dit help nie die ontevredenes neem dit met die burgemeester op nie. Hulle moet by die nasionale departement van samewerkende regering en tradisionele sake kla.”

Volgens Boqo is die proses vir die bou van die winkelsentrum en ander ontwikkelings soos meer huise en skole in die omgewing, op dreef.

“Verskeie prosesse moet nog afgehandel word voordat die advertensie vir tenders geplaas word en voordat die begroting bepaal kan word. Daar moet eers toestemming van Sanral en verskeie provinsiale departemente gekry word, omdat die nuwe winkelsentrum, huise en skole op grond gebou gaan word wat aan Sanral en die provinsiale regering behoort.”

Die ontwikkeling sal by die N14-kruising na Coligny, oorkant die Tshing-township, gebou word.

“Ons weet die werkloosheidsyfer hier in Ventersdorp is hoog en dat die nuwe ontwikkelinge werk sal skep,” sê Boqo.

Kyk na die video wat op Facebook gedeel is deur Voorwaarts Diensstasie:

Meer oor:  Noordwes  |  Ventersdorp  |  Skole  |  Onrus  |  Betoging  |  Ondernemings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.