Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Skool gesluit ná moord op gewilde onderwyseres
Helga van WykFoto: Facebook

’n Buurman van Helga van Wyk (62), die onderwyseres van Durbanville wat Maandag kort ná middernag in haar huis in Durbanville vermoor is, het Sondagaand kort ná 23:00 ’n deur buite sy huis hoor klap.

Van Wyk se man, Johann (65), is in ’n ernstige, maar stabiele toestand in die Mediclinic Durbanville nadat hy ook ses keer met ’n skerp voorwerp gesteek is.

Pierre du Toit woon langs die Van Wyks in Vierlanden, Durbanville, en sê hy het by sy huis uitgegaan en voor en agter sy huis gaan kyk, maar niks gesien nie.

Toe hy geen mense of vreemde voertuie in die straat sien nie, is hy weer by sy huis in.

Du Toit het Maandagmiddag eers van die gebeure in sy bure se huis gehoor en sê hy en sy gesin is baie ontsteld.

Du Toit beskryf die Van Wyks as “doodgewone, vriendelike mense”, al het hy hulle nie te goed geken nie.

Du Toit, ’n laerskoolonderwyser van Durbanville, sê hy het gereeld gehoor hoe Johan en Helga operamusiek luister in hul agterplaas.

Helga was ’n onderwyseres by die Hoërskool Monumentpark. Toe Netwerk24 daar aankom, was die skool doodstil en al die onderwysers en leerlinge is huis toe gestuur ná die ontstellende nuus.

’n Ontvangsdame wat tydelik ingestaan het by die skool sê álmal is ontsteld oor Helga se dood aangesien sy baie geliefd was en baie jare by die skool gewerk het. Volgens haar werk Helga al by die skool sedert die skool se ontstaan in 1989.

Meer oor:  Helga Van Wyk  |  Durbanville  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.