Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Skool kan help, sê hoof nadat meisie se lyk gekry is

Simoné le Roux, die 16-jarige meisie van Kimberley wie se lyk Sondag in ’n pakkamer naby haar huis gevind is, was ’n skrander leerling van die Hoërskool Adamantia.

Simoné le Roux (16) Foto: Facebook

Die skoolhoof, André de Kock, het gesê die nuus van haar tragiese dood is ’n groot skok.

Dit is die tweede leerling wat die skool die maand aan die dood afgestaan het. Phazel Brown (14) het vroeër die maand tragies in ’n ongeluk gesterf.

Volgens De Kock het hy Simoné se gesin besoek. Hy het ook ’n beroep gedoen op ouers om met die skool in verbinding te tree indien hul kinders berading benodig.

Simoné se skool- en klasmaats sal ook berading ontvang.

“Ons het die ouers gevra om mooi na hul kinders se gedrag op te let en indien hulle enigsins vermoed dat hul kinders berading nodig het, moet hulle ons dadelik kontak. Ons het opgeleide mense wat die leerlinge kan bystaan.”

Hy het Simoné beskryf as ’n skrander leerling wat goed presteer het en van die beste in haar klas gevaar het.

Simoné, wat by haar ouma Louise Nienaber in Beaconsfield gewoon het, het verlede Maandag vermis geraak. Sy is Dinsdag as vermis by die polisie aangemeld.

Juan van Eeden, wat die eienaar van die huis is, het Sondag omstreeks 11:00 afgekom op haar lyk nadat ’n slegte reuk uit die pakkamer op die erf gekom het. Nienaber het Sondag gesê sy was nie bewus daarvan dat Simoné enige probleme ervaar het nie.

Nienaber het Dinsdag gesê die familie is erg getraumatiseer. ’n Roudiens word vir Vrydag beplan.

Die finale reëlings vir die diens sal later bevestig word.

Meer oor:  Kimberley  |  Vermiste Meisie  |  Selfdood  |  Lyk Gevind
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.