Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Skool nie klaar gebou, subkontrakteurs soek hul geld

Terwyl die Thuto Ke Thebe Primary School in die informele nedersetting Caleb Motshabi by Bloemfontein sedert 2016 onvoltooid staan, beweer drie subkontrakteurs dat hulle nog meer R3,8 miljoen geskuld word.

Hulle beweer dat die konsortium van E’tsho Civils en Sedtrade, wat deur die Vrystaatse regering aangestel is, hulle gesamentlik R3,825 miljoen skuld.

Ezekiel Nkhetshe van I’zee Trading, David Shedi van Bisase Trading en Piet Makae van Malehlwa Construction sê altesame R8,892 miljoen is aan hulle verskuldig.

Die onvoltooide skool in die informele nedersetting Caleb Motshabi by Bloemfontein wat 'n brandpunt geword het. Van links is Ezekiel Nkhetshe van I’zee Trading, Tefo Phakiso, gemeenskapsleier, en Piet Makae van Malehlwa Construction.Foto: Marietjie Gericke

Sisi Ntombela, Vrystaatse premier, sê sy praat Woensdag hieroor op die vergadering van die uitvoerende komitee van die Vrystaatse regering.

Die subkontrakteurs beweer dat die ANC 30% van hul kontrakgeld vir die bou van die skool in 2016 “getap” het om vir die ANC se munisipale verkiesingsveldtog te help betaal.

Thabo Meeko, Vrystaatse ANC-woordvoerder, het dié bewering as “ ’n skinderstorie” afgemaak.

Nkhetshe, Shedi en Makae sê hulle het ’n brief aan Dora Kotzee, Vrystaatse LUR vir openbare werke, geskryf om haar te vra om in te gryp. Sy het glo gesê sy weet niks van dié projek af nie.

Op ’n vergadering met haar het sy haar hoofdirekteur, Lapaku Ndlebe, ingeroep. “Ndlebe het vroeër in ons teenwoordigheid aan die departementshoof, Maditse Seoke, gesê hy wil nie betrokke raak nie omdat die projek moontlik polities deur Ace Magashule, voormalige premier, beïnvloed is.”

Hulle het hulle ook ’n beroep op Tate Makgoe, die Vrystaatse LUR vir onderwys, gedoen om hulle te help. Dié het glo vir hulle gesê hulle moes betaal gewees het.

Die drie subkontrakteurs sê intussen moet brandarm laerskoolkinders daagliks hul lewens in gevaar stel om ses kilometer ver na ’n ander skool te stap.

In ’n brief onderteken deur adv. Tsoarelo Malakoane, departementshoof van die Vrystaatse onderwysdepartement, word die Vrystaatse departement van openbare werke en infrastruktuur ingelig dat die drie kontrakteurs deur die konstruksiemaatskappy Sedtrade aangestel is. Dié brief is in Netwerk24 se besit.

Luidens die brief is hulle aangestel sonder dat ’n kontrak onderteken is “ondanks die feit dat subkontrakteurs op die bouperseel bly pleit het dat hulle ’n kontrak wil onderteken”.

Daar is van hulle verwag om hul werk te doen sonder dat pryse volgens die standaardpraktyk vasgestel is.

Malakoane sê in die brief die projekbestuurder het hulle gevra om elkeen 20 bykomende mense in diens te neem sonder bykomende vergoeding van Sedtrade af.

Die brief lui: “Sedtrade het die bouperseel in Oktober 2017 verlaat nadat verskeie onderhandelings om die dispute met die hoofkontrakteur, E’tsho, te besleg, misluk het. Die gevolg was dat Sedtrade nie al die geld betaal is vir die werk wat tot op datum gedoen is nie.”

Malakoane skryf die kwessie van die nie-betaling van subkontrakteurs is verskeie kere op vergaderings met Ndlebe van die departement van openbare werke en ene Hape van E’tsho Civils geopper.

Die drie subkontrakteurs sê intussen moet brandarm laerskoolkinders daagliks hul lewens in gevaar stel om ses kilometer ver na ’n ander skool te stap.

  • Met ’n besoek aan E’tsho se kantore in Pretty Gardens in Bloemfontein het personeellede onderneem om ’n vergadering met Sedtrade te reël en as bemiddelaar op te tree sodat die probleem opgelos kan word.

  • Nazir Kathrada, woordvoerder van Sedtrade, het bewyse aan Netwerk24 gestuur van betalings aan die drie subkonktrakteurs, maar die subkontrakteurs sê dié geld is hopeloos te min. “Ons word ver onderbetaal.”
Meer oor:  Bloemfontein  |  Skool
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.