Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Skoolbus ry 5-jarige op skoolterrein dood

’n Skoolbus het Maandagoggend ’n 5-jarige leerling op ’n skoolterrein in die Oos-Kaap doodgery. Die busbestuurder was glo onder die invloed van drank.

’n Gr. R-leerling van die Nkosinathi Primary School naby King William’s Town is Maandagoggend net voor 08:00 op die toneel dood verklaar.

Volgens kapt. Nkosikho Mzuku, polisiewoordvoerder, het ’n 58-jarige private skoolbusbestuurder Maandagoggend leerlinge in die Berlin-gebied skool toe vervoer.

“Die bestuurder het soos gewoonlik by die skoolterrein ingery, leerlinge afgelaai, die bus in trurat gesit om te kan draai en weer by die skoolhek uit te ry.

“Dit was toe die bestuurder die skoolbus glo in trurat gery het dat die meisie raakgery is,” sê Mzuku.

Die meisie is blykbaar nie deur dié skoolbus afgelaai nie.

Hy sê verder die bestuurder is vir alkohol getoets en hy was oor die wetlike limiet.

“Die polisie het die bestuurder vir dronkbestuur en strafbare manslag in hegtenis geneem. Hy sal binnekort in die landdroshof in King William’s Town verskyn,” sê Mzuku.

Die naam van die oorledene is nog nie bekend gemaak nie.

Mali Mtima, woordvoerder van die Oos-Kaapse departement van onderwys, het sy medelye met die familie betuig en gesê “die departement het met skok van die voorval verneem”.

“Ons amptenare het vroeg vertrek om die skool en die ouers van die oorledene te besoek.

“Reëlings is in plek om berading vir die leerlinge aan te bied.”

Mtima sê ook die departement sal druk uitoefen om te sorg dat ’n deeglike ondersoek na die voorval gedoen word.

Meer oor:  King William’S Town  |  Skoolbus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.