Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Skoolhoof van Philipstown se lyk in Oranjerivier gekry

Die hoof van die Hoërskool Philipstown se lyk is in die Oranjerivier buite Upington gekry nadat hy as vermis aangemeld is.

Volgens die polisie het Peter Aubrey Kroutz (61) en sy gesin van De Aar by familie in Upington gekuier toe hy op 31 Desember by sy kleinneef se huis in Stasiekamp verdwyn het.

Peter Aubrey Kroutz (61), hoof van die Hoërskool Philipstown, se lyk is op 2 Januarie in die Oranjerivier by Upington gekry. Die oorsaak van sy dood is nog nie bepaal nie. Foto: Facebook

Luidens ’n polisieverklaring is hy as vermis aangemeld en is sy lyk op 2 Januarie in die rivier gekry.

Volgens kapt. Sergio Kock, Noord-Kaapse polisiewoordvoerder, het sy familie die lyk uitgeken en word ’n geregtelike doodsondersoek gedoen.

Kroutz was 16 jaar ’n onderwyser by die skool, 13 daarvan as skoolhoof.

Theo Saunders, die skool se administrasieklerk, sê Kroutz gaan ’n reuse-leemte laat.

“Hy was gelief onder die leerlinge en onderwysers en jy kon hom altyd in die gange voorkeer terwyl hy van klas tot klas by almal gekuier het.”

Saunders het tien jaar lank onder Kroutz se bestuur gewerk en sê hy was een van die taaiste mense wat hy geken het.

“Hy was baie sterk, niks het hom ondergekry nie.”

Op Facebook stroom boodskappe van medelye vir Kroutz in.

Shiela Erasmus skryf: “Dis baie hartseer, ek voel saam met die familie. Ons bid vir krag en sterkte vir (sy) vrou, kinders en kleinkinders. Ons sal jou mis, meneer, vir al jou pittige sêgoed. Altyd vriendelik met ’n glimlag op sy gesig.”

Trantaal Ingrid skryf onder meer dat sy dood onwerklik klink. “Mnr. Kroutz (was) enig in sy soort, ’n rots, belese, highly intelligent, met ’n woordeskat soos ’n woordeboek . . . Soveel mooi wat ons vir ewig sal onthou.”

Geoffrey van der Merwe, woordvoerder van die provinsiale onderwysdepartement, het namens die departement simpatie met die familie betuig. Hy het bevestig dat Kroutz Saterdag in Upington begrawe word.

Meer oor:  Upington  |  Oranjerivier  |  Lyk  |  Vermis  |  Skoolhoof  |  Gevind
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.