Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Skoolhoof van Somerset-Wes sterf aan Covid-19

’n Skoolhoof van Somerset-Wes wie se vrou hul Covid-19-pad op sosiale media gedeel het om mense te oorreed om versigtiger te wees, het sy stryd teen die virussiekte verloor.

Wayne Sparrow (58), wat sedert 2001 hoof van die Helderberg Primary School in Somerset-Wes was, is op 29 Desember in die Mediclinic Vergelegen dood.

Sy vrou, Yvette, is die naweek uit die hospitaal ontslaan nadat sy ook die virussiekte gekry het. Sy het voor sy dood op Facebook gesê baie mense sal seker dink dat hulle baie openlik praat oor iets wat so persoonlik is, maar dat hulle hoop om minstens een mens te oorreed om versigtiger te wees en gevolglik nie siek te word nie.

Sy het gesê die stryd wat hulle ervaar, is eg. Op 27 Desember het sy geskryf dat haar man weer gesê het as mense dink Covid-19 is net ’n ligte griep, moet hulle met hom plekke ruil. Hulle sal dan vinnig ’n ander deuntjie sing.

Wayne Sparrow (58), hoof van die Helderberg Primary School in Somerset-Wes, is aan Covid-19 dood. Foto: Facebook
Wayne en Yvettte Sparrow sou op 3 Januarie 32 jaar getroud gewees het. Foto: Facebook

Sparrow is dood nadat hy op 26 Desember na die hospitaal se hoësorgeenheid oorgeplaas is en twee dae later na die waakeenheid.

Op ’n gedenkblad vir Sparrow skryf oudleerlinge hoe 'n goeie onderwyser hy was. “Mnr. Sparrow was my onderwyser in Engels en Zoeloe. Hy was so geduldig en het altyd verstaan.”

’n Ma van een van die leerlinge skryf hoe Sparrow in die laaste kwartaal verlede jaar elke leerling se koors geduldig gemeet het. “Wayne Sparrow het vir elkeen van die leerlinge omgegee asof hulle sy eie kinders was.”

Die Sparrow-egpaar het twee kinders, Dale en Melissa, en sou op 3 Januarie 32 jaar getroud gewees het.

Dale sê sy pa was ’n geliefde man en sal deur almal wat hom geken het, gemis word.

Hy sê die mediese personeel is baie getraumatiseer deur “hierdie oorlog teen ’n onsigbare vyand”, en het ’n beroep gedoen op mense om maskers te dra en by die huis te bly.

“Dit is die beste raad wat ek nou kan gee. Ons het nooit verwag dat dit met ons sou gebeur nie. Die vernietiging het ons huis getref en meer en meer mense wat ons ken en vir wie ons lief is, sterf.”

Hy sê die virus is nie ’n grap nie, en mense kan nie verwag dat die situasie sal verbeter as almal nie self die nodige voorsorg tref nie.

Meer oor:  Somerset-Wes  |  Sterf  |  Covid-19  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.