Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Skoolseun (13) van Stellenbosch skiet homself

’n Laerskoolseun van Stellenbosch het homself Dinsdagoggend geskiet terwyl sy ma sy suster skool toe geneem het.

Toe die ma terugkeer, het sy haar kind dood in die studeerkamer van hul huis aangetref.

Die polisie het hom as Michal Roux, 'n gr. 7-leerling aan die Laerskool Stellenbosch, geidentifiseer.

Hawkie de Villiers, die skoolhoof, het aan Netwerk24 gesê leerlinge het Dinsdagoggend ’n revue by ’n ander skool bygewoon. Die nuus van die seun se dood sal aan hulle oorgedra word wanneer hulle terugkeer.

Beraders is ingeroep om die kinders en personeellede by te staan.

Kry hier hulp vir selfdoodgedagtes

Lifeline 24-uur-noodlyn: 0861 322 322

SADAG helplyn: 0800 567 567/ of sms 31393

WGO: http://www.who.int/features/factfiles/mental_health/en/

SA Federation for Mental Health: www.safmh.org.za

South Afrikaanse Depressie- en Angs-groep: www.sadag.org.

Meer oor:  Laerskool Stellenbosch  |  Stellenbosch  |  Selfdood  |  Seun
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.