Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Skooltjie in VS wen sterrekunde-kompetisie

Die Laerskool Hennenman in die Vrystaatse Goudveld is op ’n spoggeleentheid aangewys as die Suid-Afrikaanse Agentskap vir die Bevordering van Wetenskap en Tegnologie se nasionale wenners van die jaarlikse AstroQuiz-kompetisie.

Helen van Eeden, ’n wiskunde- en wetenskaponderwyseres aan dié skool, rig al sedert 2008 elke jaar die skool se span af.

Die Laerskool Hennenman se sterrekundespan is as die nasionale wenners van die jaarlikse AstroQuiz aangewys. Van links is Theuns Delport, Katleho Motingoe, die voogonderwyser, Helen van Eeden, Lynné van Wyk en Veronique du Plooy.

Sy en die skool se span van vier slimkoppe, Theuns Delport, Katleho Motingoe, Lynné van Wyk en Veronique du Plooy, het elk ’n skootrekenaar en mobiele teleskoop vir hul prestasie ontvang.

Die Italiaanse ambassade, wat jaarliks by die kompetisie betrokke is, het ook gereël dat die kinders deur middel van ’n Skype-oproep met die ruimtevaarder Luca Parmitano gesels.

Parmitano was tydens die oproep in Rome.

Van Eeden se spanne blink altyd uit en is al drie keer as die provinsiale wenners en ’n hele paar keer as naaswenners aangewys.

“Daar is altyd net ’n punt of twee wat die wenners en naaswenners van mekaar skei,” sê sy.

Die skool het ook al twee keer vierde in die nasionale kompetisie geëindig, maar dit is die eerste keer wat Hennenman as die algehele wenner aangewys word.

Van Eeden sê die kinders het baie hard gewerk. Die eindronde van die kompetisie was Maandagaand.

In die laaste tien jaar is dit net die derde keer wat ’n Vrystaatse skool die nasionale kompetisie wen, sê Van Eeden.

Die vorige keer was in 2009 toe die Laerskool Eunice in Bloemfontein gewen het. Die Laerskool Unicom op Tweespruit het die kompetisie in 2013 gewen.

Van Eeden sê sy is baie trots op die vier leerlinge se prestasie.

Die Laerskool Hennenman het ongeveer 350 leerlinge en is een van die kleiner skole wat aan die kompetisie deelneem.

Die Laerskool Hennenman het ongeveer 350 leerlinge en is een van die kleiner skole wat aan die kompetisie deelneem.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.