Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Skoonheid en die slagter

Kim Syster hou van ’n sappige stukkie vleis . . . veral as dit kom van haar man, Chris Lategan, se slaghuis in die Wes-Kaapse kusdorpie Mamre.

Kim Syster en haar man, Chris Lategan. Dié slagter het haar oog gevang toe sy eendag tjops en hoender gaan koop het by sy pa se slaghuis in die klein kusdorpie Mamre aan die Weskus waar sy grootgeword het.

Die sexy aktrise (30) wat tans in ’n spannende storielyn in die kykNET-sepie Binnelanders te sien is as dr. Jax Davids, is vir eers in die binneland om te bly . . . al is haar geliefde “tjoppie” in die Kaap.

Kim was ook al te sien as Bianca in Erfsondes (SABC2) en Kim in Sterlopers (kykNET).

“Ek het nou ’n vaste jaarkontrak en dis nie soos die ander rolle waar ek weg was en dan weer teruggegaan het nie.

“Maar ek en Chris het saamgestem dat ek die geleentheid moet aangryp toe die rol vir my aangebied is,” sê Kim.

Sy het grootgeword in Mamre en Chris in Atlantis.

Ons het ’n bietjie van ’n ‘moment’ gehad.

Een Vrydag sowat ses jaar gelewe het Kim se ma haar gestuur om tjops en hoender te gaan koop.

“Ek het by die Central Butch­ery-slaghuis ingeloop en dit was net asof ek hom vir die eerste keer regtig gesien het,” vertel Kim.

“Dis sy pa se slaghuis en hy is die bestuurder daar. Ons het ’n bietjie van ’n moment gehad en toe ek daar uit is, het hy rondgevra en uitgevind wie ek is.

“Chris het my toe op Facebook gaan opsoek.”

Hulle is twee jaar later getroud.

Kim Syster tussen tonele by Stark Studios in Randburg, Johannesburg, waar Binnelanders verfilm word. Foto: Elizabeth Sejake

“Dis vir my baie swaar elke keer as ons mekaar nou moet groet. Maar ons het destyds geweet dat ons baie uiteenlopende loopbane het en dat dit ’n uitdaging gaan wees. Hy geniet sy werk net soveel soos ek en moet natuurlik ook gereeld oor naweke werk wanneer ek af is. Maar ons praat elke dag en vertrou mekaar 100%.

“As dit nie vir die vertroue was nie, sou dit nie gewerk het nie.”

Hul volgende ideaal is om saam ’n huis te koop. Die probleem is nou net waar, skerts sy.

“Ons sal maar sien wanneer ons daar uitkom. Ek geniet Johannesburg baie, maar is net so lief vir Mamre.

“My ma, Yvonne (54), gee opleiding vir gr. R-onderwysers daar en ons het hierdie droom dat ons graag eendag ’n kleuterskool daar wil oopmaak. Hopelik sal die platform wat ek nou het om my uit te leef as aktrise ons eendag help om daardie droom ’n werklikheid te maak en te kan terugploeg in die gemeenskap waar ek vandaan kom.”

suzanne.venter@rapport.co.za

Meer oor:  Kim Syster  |  Binnelanders
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.