Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Skoot van haelgeweer in hof eis senior staatsaanklaer

’n Senior staatsaanklaer van Pietermaritzburg is dood nadat sy Maandag in ’n hof in KwaZulu-Natal getref is toe ’n skoot uit ’n gelaaide haelgeweer, wat glo as bewysstuk ingedien is, afgevuur is.

Adv. Addelaid Ferreira-Watt (62) is in die linkerheup getref, maar is later in die hospitaal dood, luidens ’n verklaring wat deur brig. Jay Naicker, polisiewoordvoerder, uitgereik is.

“Die wapen is glo na die hof gebring om as bewysstuk ingedien te word in ’n huisroofsaak toe ’n skoot per ongeluk in die hof afgevuur is.”

Adv. Addelaid Ferreira-WattFoto: Facebook/Addelaid Ferreira-Watt

Naicker sê meer inligting kan nie in hierdie stadium bekend gemaak word nie.

Die voorval het glo in die streekshof in Ixopo gebeur.

Adv. Elaine Zungu, direkteur van openbare vervolgings in KwaZulu-Natal, het Ferreira-Watt se dood in ’n verklaring bevestig.

“Haar dood raak ons almal. Ons gedagtes en gebede is by haar gesin in die moeilike tyd. Die gesin het versoek dat hul privaatheid gerespekteer word,” sê Zungu.

Elsabey Luus, ’n goeie vriendin van Ferreira-Watt, het op Facebook hulde gebring aan haar vriendin en sê die familie beskou wat gebeur het as ’n fratsongeluk.

Ferreira-Watt het in 1975 aan die Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria gematrikuleer. Die skool het sy medelye op Facebook betoon.

Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria

Nog mense na aan Ferreira-Watt het hul skok oor die oorval op Facebook uitgespreek.

“Sy was so ’n dinamiese, wonderlike mens . . .”

“Die einde van ’n era by die NVG. So onnodig . . .”

“Sy het soveel mense aangeraak met haar passie vir die lewe en liefde vir kuns.”

Lindsay Ann Watt, Ferreira-Watt se dogter, het by navraag gesê sy wil nie in hierdie stadium kommentaar lewer nie.

Die polisie het bevestig ’n saak van strafbare manslag word deur die polisie in Umzimkhulu ondersoek.

Netwerk24 het intussen bevestig Addelaid Ferreira-Watt was 62 jaar oud en dat haar ouderdom verkeerd gemeld is in die amptelike polisieverklaring. Die fout is dus reggestel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.