Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Skote Petoors! Ma en seun (13) is SA se topskuts!
Christopher en Tracey spog met hul gewere buite die gesin se huis in Bainsvlei, Bloemfontein .Foto: Mlungisi Louw

As vierjarige het Christopher Boshoff (13) al sy eerste swartwildebees met ’n .308-geweer geskiet.

Op sewejarige ouderdom het hy aan skietkompetisies begin deelneem.

Nou is Christopher en sy ma, Tracey (38), Suid-Afrika se topskuts vir 2018 in die Konfederasie van Jagtersverenigings van Suid-Afrika (Chasa) se ope-afdelings vir juniors en vroue.

Christopher, ’n leerling aan Grey Kollege, het sy voorliefde vir gewere by sy pa, Chris (40), geërf.

Chris is sy lewe lank al ’n geweer-geesdriftige en nou ook die res van die Boshoff-gesin van Bainsvlei in Bloemfontein.

Tracey het in 2013 vir die eerste keer die sneller van ’n .308-geweer getrek toe Chris haar saamgenooi het om vir die pret te skiet.

“Dis waar dit begin het en toe raak dit lekker.”

Christopher Boshoff (13) en sy ma, Tracey (38), is Suid-Afrika se topskuts vir 2018 in die Konfederasie van Jagtersverenigings van Suid-Afrika (Chasa) se ope-afdelings vir juniors en vroue. Foto: Mlungisi Louw

Tracey sê haar ander twee seuns, Brenden (9) en Keanen (11), het ook op so ’n jong ouderdom soos ouboet hul eerste bokke geskiet.

Die kinders is eerste aan die windbuks blootgestel, maar het omtrent dadelik na die .22-geweer oorgeslaan.

“Kleinboeta (Brenden) het sy eerste kompetisie met ’n .22-geweer so drie naweke terug gewen. Ons is baie ingenome.”

Sy sê dié sport werk die gesin baie duur uit, maar hulle geniet dit baie.

“As ek nie ook saam met hulle geskiet het nie, het ek nie eintlik tyd saam met hulle gehad nie. My man is baie lief daarvoor. So ek moes vinnig inpas.”

Dis vir Tracey lekker om te sien hoe die aantal vroue wat aan skietkompetisies deelneem oor die jare heen toegeneem het.

Tracey sê hoewel hulle gereeld oefen, kan hulle nie “kort-kort” met die gewere skiet wat hulle in kompetisies gebruik nie. Dié patrone is duur.

Volgens Chris is Tracey se 6.5 Creedmoor-geweer sowat R100 000 werd en Christopher se 260 Ackley sowat R60 000, met die aanpassings wat hulle self aan die geweer gedoen het.

Meer oor:  Ma  |  Seun  |  Geweer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.