Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Skrywer Carina Stander se ma sterf ook aan Covid-19
Sarel en Truiki Stander
Sarel en Truiki Stander Foto: Facebook/Carina Stander

Truiki Stander (84), ma van die skrywer en kunstenaar Carina Stander, het ook Vrydagoggend haar stryd teen Covid-19 verloor. Haar man, Sarel Stander (83), het Sondag aan die virussiekte gesterf.

Stander het dié hartseer nuus op Facebook bekend gemaak. Sy en haar familie was tot op die einde in selfoonverbinding met haar ma in die hospitaal.

Haar suurstofvlakke het geval en hulle kon later danksy die hulp van die fisioterapeut, wat haar ma bygestaan het, met haar kommunikeer deur haar gunsteling-liedjies soos “Amazing Grace”, “Nader my God by U”, gesing deur Gé Korsten, te speel.

“Ons, wat gebore is uit die liefdesverbond tussen ’n buitengewone man en ’n buitengewone vrou, sal hulle altyd so onthou: Hand aan hand, Skouer aan skouer.”

Stander is die skrywer van die romans Wildvreemd, Die Bergengel en Die Wonderwese.

carina stander
Pa en Ma in Namakwaland, skryf Carina Stander by hierdie foto wat sy op Facebook geplaas het.

Meer oor:  Skrywer  |  Covid-Sterfte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.