Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Skubaduiker dood wat oor naweek in see flou geword het

Een van die skubaduikers wat Saterdag by Simonstad se Langstrand in die moeilikheid beland het en in ’n kritieke toestand na die hospitaal gebring is, is Sondag dood.

Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), het Maandag die dood van die 26-jarige skubaduiker van Edgemead bevestig.

Hy het saam met ’n vriend in die see geduik toe hy skielik sy bewussyn onderwater verloor het. Sy duikmaat het sy toerusting afgehaal en hom aan wal gebring, waar lede van die Pisces-duikskool, wat op die strand was, noodbehandeling toegepas het.

Die NSRI, die mediese-reaksie-eenheid en lede van die brand-en-reddingsdienste van Kaapstad was net ná 15:00 op die toneel. Noodbehandeling is vir ’n geruime toegepas en uiteindelik was daar weer ’n polsslag.

Volgens Darren Zimmerman, stasiebevelvoerder van die NSRI in Simonstad, is die man dadelik na die Mediclinic Constantiaberg in Plumstead geneem vir behandeling.

Die polisieduikeenheid het duiktoerusting ongeveer 50 m vanaf die kus opgetel, waar die see 6 m diep is.

Meer oor:  Nsri  |  Simonstad  |  Sterfgeval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.