Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘Skuif die eksamen – ons wil Bokke sien wen’

’n Tukkiestudent is so seker dat die Bokke vanjaar in die Wêreldbekereindstryd gaan speel, dat hy sy rekeningkundedosent gevra het om hul eindeksamen te verskuif sodat hulle die wedstryd kan kyk.

Shaun Chennells

Die 20-jarige Shaun Chennells het die afgelope week met ’n skok besef dat sy tweedejaar-rekeningkunde-eksamen vanjaar op presies dieselfde tyd geskryf word as wat die eindstryd in Japan gespeel word. Hy sê die Bokke se spel was vanjaar ’n bietjie wankelrig, maar dinge is besig om so mooi reg te kom dat hy regtig bekommerd is dat hy die eindstryd gaan mis.

In sy e-pos aan Kyle Lambourn, sy rekeningkunde­lektor, vra Chennells dat Lambourn dit in die “beste belang van die nasie” sal oorweeg om hul eksamen na ’n ander datum te skuif of ’n vroeër tydgleuf toe te ken sodat die klas “sonder afleiding” die Bokke die ondersteuning kan gee wat hulle verdien.

Die eindstryd op 2 November in Japan begin om 11:00 en hul eksamen begin 12:00. Hy sê dit beteken hulle kan net die eerste helfte kyk voordat hul eksamen begin.

Hy skerts dat sy enigste opsie is om só goed te leer dat hy sy vraestel in 15 minute kan afjaag om betyds te wees vir die tweede helfte. Maar selfs dié plan gaan nie werk nie. Studente mag nie die eksamenlokaal verlaat voordat ’n halfuur van hul eksamentyd verstreke is nie.

Chennells se versoek het opslae gemaak nadat ’n vriend van hom sy e-pos aan hul dosent op sy Instagram-rekening geplaas het. Vandaar het dit soos ’n veldbrand versprei en sommige meen selfs ’n man met sulke prioriteite behoort in die studenteraad te dien.

Chennells sê Lambourn het hom Woensdag hoflik laat weet dat sy versoek ongelukkig nie toegestaan kan word nie “omdat dit nou te laat is om veranderinge aan die rooster aan te bring”. Chennells sal steeds probeer om iets aan die saak te doen as hy genoeg ondersteuning kry. “Dalk begin ek ’n movement om die eksamen te move!”

Meer oor:  Wêreldbeker  |  Student  |  Springbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.