Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Skuif van trop leeus ‘goeie nuus vir gemeenskap’

’n Trop leeus het ’n nuwe tuiste in die Somkhanda-gemeenskapswildreservaat in KwaZulu-Natal gevind.

Die eerste wyfieleeu word verdoof en na die reservaat vervoer.Foto: VERSKAF

Die drie leeus – ’n mannetjie en twee wyfies – is Woensdag suksesvol van die private wildreservaat AndBeyond Phinda na Somkhanda oorgeplaas met die hulp van Empowers Africa as deel van dié reservaat se strategie om sy leeugetalle te bestuur.

Die projek is deur die dokumentêre program Blood Lions geïnspireer en deur die groepe Wildlands, Empowers Africa en ander ondersteun.

“Weens harde reënval vroeër in die week kon alles egter nie volgens skedule gedoen word nie,” het David Gilroy, Wildlands se strategiebestuurder, in ’n verklaring gesê.

Volgens Gilroy is die mannetjie reeds Vrydagaand verdoof en na Somkhanda oorgeplaas. Die twee wyfies kon eers Woensdagoggend nadat dinge ’n bietjie opgedroog het opgespoor en verdoof word voordat hulle ook na dié wildreservaat oorgeplaas is.

Die leeus sal vir ongeveer tien weke in ’n afgesperde gebied gehou word om aan hul nuwe omgewing gewoond te raak, waarna hulle vrylik in ’n gebied van ongeveer 30 000 ha sal kan rondbeweeg.

“Die skuif van die leeus na Somkhanda, wat voorheen ’n wildplaas was, beteken ons herbevolk die gebied met spesies wat natuurlik hier voorgekom het,” het Gilroy gesê. Volgens hom sal dit help om die ekologiese balans in die gebied te handhaaf. Die reservaat sal nou ook tot Groot Vyf-reservaat verklaar word en uiteindelik bydra tot biodiversiteit en die bevordering van toerisme.

Nathi Gumbi, ’n lid van die plaaslike Gumbi-stam en Wildlands se strategiebestuurder vir gemeenskapsbetrokkenheid in die noordelike KwaZulu-Natal, het gesê die gemeenskap is baie bly om die leeus by Somkhanda te verwelkom.

“Die skuif van die trop is goeie nuus vir die bewaringsgemeenskap en plaas die fokus daarop om daadwerklike uitdagings en oplossings te vind om die toekoms van leeus te verseker.”

Een van die verdoofde leeuwyfies.Foto: VERSKAF
Die twee leeuwyfies.Foto: VERSKAF
Die jong mannetjiesleeu by die AndBeyond Phinda-reservaat.Foto: VERSKAF
Die poot van die verdoofde mannetjiesleeu.Foto: VERSKAF
Die jong mannetjiesleeu wag by Somkhanda terwyl die twee wyfies opgespoor word. Foto: VERSKAF
Meer oor:  Gemeenskap  |  Leeus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.